Drie vas oor wrede piksteel-aanval

Fred Barnard. Foto: Facebook

Fred Barnard. Foto: Facebook

Drie mans is in hegtenis geneem nadat twee paartjies vroeër vandeesmaand met pikstele aangerand is toe hulle by Rand Water se terrein visgevang het.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes van Viljoensdrif het die drie verdagtes Dinsdagaand in ʼn informele nedersetting naby die FW de Klerk-brug in Vereeniging in hegtenis geneem. Van die items wat tydens die aanval gesteel is, is in hul besit gevind.

Maroela Media het vroeër berig Fred Barnard (52) is dood nadat hy, sy vriendin, Anna, en nog ʼn egpaar, André (54) en Barbara (47) Fourie, by die kampterrein oorval en aangerand is. André het ná die aanval aan Maroela Media vertel hoe drie rowers met klapmusse hulle oorrompel en vermoedelik met pikstele geslaan het. Barnard het skedelbreuk en ernstige bloeding op sy brein opgedoen en is twee dae later in die hospitaal oorlede.

Anna het gelukkig slegs geringe beserings opgedoen, terwyl André en Barbara steeds in ʼn hospitaal in Alberton behandel word. André het vanuit die hospitaal telefonies aan Maroela Media gesê hy is baie bly oor die inhegtenisnemings. “Ek is nog so geskok oor my vriend se dood. Hierdie mense het net gekom en ʼn mens se lewe gevat, sommer vir ʼn paar goed. Ek is baie, baie bly hulle is vasgetrek.”

Volgens Hani is daar ʼn moontlikheid dat nog roofsake wat langs die Vaalrivier plaasgevind het deur die inhegtenisneming van die drie verdagtes opgelos kan word, aangesien ID-dokumente van mense wat nie by hierdie rooftog betrokke was nie ook in die verdagtes se besit gevind is.

Die verdagtes, tussen 19 en 39 jaar oud, sal binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lalla ·

En wat wed ek julle almal hierdie is nie SA burgers wat vasgetrek is nie??

Piet Snot ·

Stik ek nou amper in my komkommertoebroodjie!
Praat jy darem nou die waarheid!

Jean ·

Baie goeie werk, hoop hulle word ook nou dienooreenkomstig gevonnis na skuldigbevinding, dat hulle nie weer na 4 jaar uit is op straat nie.

Cryosphear ·

Wonder of iemand eendag aspris daar sal sit om aangeval te word, en dan net losbars

Jef ·

Bly die gespuis is vasgetrek,
Sterkte aan die mense en hul families.
Mens is nerens meer veilig nie selfs nie eers by die viswater nie, ek vat my 9mm en .38 maar altyd saam viswater toe.

Gerhard ·

Yip. Bewapen jouself…Spider valley is nie vir sussies nie. Bly weg daar.

rudi ·

Ek wed hul is smilende EFF ondersteuners wat hul klein tydjie n die tronk gaan geniet

Jan ·

Hulle sal nie lank sit nie. Onthou dit was net n moord wat gepleeg is. Dalk nuwe parlementslede?

Roger Rothner ·

Daardie drie het nie net die paar mense se lewens verwoes nie, maar al hulle vriende en famielies s’n ook. Rxxx

Babs Myburgh ·

So jammer dat dit nie reg maak wat verkeerd gegaan het nie. Een persoon is dood, een ernstig beseer en dan praat ek nie eers van die trauma wat hierdie mense moes deurmaak en nog steeds moet verwerk. Anna is my suster (skoonsus) en beste vriendin. So, hierdie hele aaklige besigheid raak al die vriende en familie. Dit kan nie die seer wat veroorsaak is wegvat nie – en dit kan nie vir Fred Barnard terugbring nie. Intussen sit nog ‘n eggenoot en wag dat sy geliefde moet bykom, sodat hy nog ‘n keer vir haar kan se dat hy lief is vir haar – iets wat Anna nie meer kan doen nie. En die 3 skuldiges sal heelwaarskynlik opgeskorte vonnise kry – waar is die regverdigheid van ‘n regstelsel.

Scalla ·

Goei werk van die saps, dankie, sterkte aan die mense, ek het nie geweet fw was n brugbouer nie, die ander goed wat hy probeer bou het val alles inmekaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.