Drie vas vir bejaarde non se moord, verkragting

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Drie verdagtes is in hegtenis geneem weens die moord en beweerde verkragting van Getrud Tiefebacher, ʼn 86-jarige non van Ixopo in KwaZulu-Natal wie se liggaam twee weke gelede in haar kamer aangetref is.

“Die verdagtes, tussen 25 en 35 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Ixopo-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisroof en verkragting,” het maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.

Die verdagtes was in besit van Tiefebacher se besittings.

Zwane het gesê daar word beweer dat sy op 18 April by haar woning op die perseel van die Sacred Heart Home-klooster was toe sy deur die aanvallers oorval en haar hande met ʼn tikmasjienkoord vasgebind is. Haar aanvallers het ʼn handdoek oor haar kop gegooi, wat veroorsaak het dat sy versmoor het.

Volgens Zwane word daar vermoed dat Tiefebacher verkrag is voor sy doodgemaak is. Buitelandse geld was uit haar kamer vermis.

Tiefebacher was oorspronklik van Oostenryk afkomstig, maar het al sedert die 1950’s in Suid-Afrika gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anne ·

Dis goeie nuus dat die moordenaars aangekeer is. Wat is skande, ek is seker as hulle vir haar gevra het sou sy gegee het. Hulle ken mos net moor, roof en aanrand. G’n wonder dit gaan so in die land nie. Alles is mos apartheid se skuld, so al hier moorde insluitend die plaasmoorde is zuma se skuld.

Neptunus ·

Absoluut skokkend. Wonder of sy bekend was met die geval van suster Elsie Aidan Quinlan, die Ierse non en mediese dokter wat in 1952 in Oos-Londen wreed vermoor was deur ‘n skare Xhosas en gedeeltelik verorber was? Daar sal sekerlik nooit ‘n standbeeld vir haar opgerig word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.