Drie vas vir boervrou se moord

Elsa Erasmus. Foto: Facebook

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord van Elsa Erasmus (74) wie se liggaam op 2 Julie op haar plaas in die Amalia-distrik in Noordwes gevind is.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure in dieselfde omgewing as die plaas vasgetrek. Hulle is tussen 30 en 35 jaar oud.

Moleko het gesê die drie sal Vrydag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, verkragting, diefstal van ʼn voertuig, diefstal van ʼn vuurwapen en huisbraak.

Maroela Media het vroeër berig ʼn grootskaalse soektog is na Erasmus van stapel gestuur nadat sy Saterdag 1 Julie uit haar huis verdwyn het. Haar familie het bekommerd geraak nadat hulle haar nie telefonies in die hande kon kry nie en iemand is na die huis om ondersoek in te stel. Dit was duidelik dat daar ʼn inbraak by die huis was en Erasmus se Toyota Hilux-bakkie was ook vermis.

Die voertuig is die volgende dag verlate op die plaas gevind en Erasmus se liggaam is kort daarna naby die voertuig gevind.

Erasmus se moord is een van talle plaasaanvalle in Noordwes vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

al ·

Stem saam met jou. Hulle het geen genade vir hul slagoffers nie, waarom moet ons dit hê teenoor hulle?!
Dis jou reg om jouself te verdedig wanneer ñ betreder jou eiendom betree met ñ wapen wat seer kan maak.
Dink kreatief.

Justice ·

Indien die moordenaars met `n 50 jaar vonnis vir 2 wrede plaasmoorde oor `n belaglike 17 jaar vir parool in aanmerking geneem kan word moet die regters begin dink aan 500 jaar vonnisse om seker te maak hulle sien nooit weer die buitekant van `n tronk nie. Die eie vrywillige keuse van `n onmiddelike galgtou ter enige tyd gedurende die uitdiening van die vonnis moet vir alle plaas moordenaars tydens vonnisoplegging daar gestel en bekragtig word.

Theresa ·

Ek stem saam met Justice. Die samelewing moet bevry word van hierdie skuim van die aarde.

anton ·

Hulle word weer vrei gelaat. Hulle word betaal om dit te doen. Sal graag wil weet hoeveel van hierdie mense is al vrei gelaat., wat op was vir plaasmoorde?

anton ·

Kan hierdie ”anton” asb. n ander kommentaar naam gebruik aangesien ek reeds lankal die naam gebruik en ek nie verwarring wil laat ontstaan nie!!!
Ek spel ook so ietwat beter.

Veritas ·

Vir diegene wat altoos vra dat die doodstraf weer ingestel moet word, net die volgende: Die doodstraf is juis afgestel omdat dit kwansuis die ‘Reg op lewe’ van die oortreder, soos in die grondwet verskans, oortree. Maak dit vir julle enige sin? Beslis nie vir my nie. Sodra enigeen ‘n ander se lewe neem, kan hy mos nie meer aanspraak maak op sy grondwetlike regte nie, of hoe? Hierdie onreg wat aan die burgers van SA gedoen word, gaan vigilante groepe tot gevolg hê. Mense begin reeds hier en daar die reg in eie hande neem. Ons regstelsel faal, as gevolg van hierdie sg. ‘Human rights’, die wetsgehoorsame burgers van die land. Boendoe howe gaan eersdaags die reg in eie hande begin neem en onskuldige mense gaan met hul lewens boet. Hoe vinniger die advokate van ‘Human rights’ besef dat hulle aandadig sal wees aan sulke teregstellings, hoe gouer sal hulle ophou met hul sinnelose beskerming van moordenaars.

Michael ·

Mooi die polisie het hulle gevang laat weet ons asb wat hulle vonnis is sodra die hofproses afgehandel is

Dafer ·

Die duurte van ‘n vonnis word nie deur die ‘hof’ bepaal nie, maar wel op een of ander wyse deur die mense van die land. Graag versoek ek Maroelamedia om ‘n artikel te plaas om die onsekere verwagtinge m.b.t. vonnisse vir ons op te klaar. enersyds dat ons kan meet of dit reg gedoen is, andersyds vir ons om te weet wanneer ons kan, en moet, objekteer.

marie ·

Ek dink die vraag moet gevra word hoekom daar skielik in 2017 so baie plaasaanvalle juis in NW provinsie is, vir my wys alle vingers na ons premier. Sien sy uitsprake in Coligny vanjaar. Het enige iemand informasie? Dit is tyd dat ons die redes van die aanvalle ondersoek en blootstel, ek kry die gevoel hierdie is betaalde opdragte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.