Drie vas vir dermiljoene se versteekte heroïen

Foto: Verskaf.

Drie mans wat die afgelope naweek betrap is met heroïen ter waarde van dermiljoene rande sal na verwagting Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is 06:00 Saterdag in hegtenis geneem deur plaaslike polisie en die Witrivier-honde-eenheid ná heroïen ter waarde van R76,5 miljoen in hul besit gevind is.

Lede van die polisie het ʼn wenk ontvang van drie voertuie, ʼn silwer Toyota Fortuner, ʼn Hyundai H1-minibus en ʼn Nissan X-trail, wat dwelms van Mosambiek na Suid-Afrika smokkel.

“Die voertuie is gewaar en tussen Barberton en Badplaas op die R38 afgetrek. Hulle was glo op pad na Gauteng.”

Die dwelms is in vervalste kompartemente en die bande van die motors aangetref. Altesaam 51 pakke heroïen is gevind en die drie is vasgetrek.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Taalgogga ·

Dermiljoene? Net ‘n aanduiding ‘seblief; Is dit min of meer 1 miljoen, 5 miljoen, 10 miljoen of onberekenbaar baie?

Helena ·

Verder aan in die berig sê hulle dit het plus minus ‘n waarder van R76.5miljoen.

Leser ·

Wil ek ook weet. Ek weet die woord bestaan maar wil ook die waarde weet

snoefie ·

is jy mal? hulle her dit nodig vir die volgende “groot dwelmfonds.”

oelof van wyk ·

Is die voertuie dan nie deursoek by die grenspos nie of het die doeane beamptes anderpad gekyk

Wonder ·

Dankie vir die een wat die polisie inkennis gestel het. Die dwelms moet net nou vernietig word, voordat dit voete kry. Geen genade moet getoon word vir dwelmhandelaars nie.

Alida ·

Dit behoort net daar langs die pad verbrand te word anders wissel dit net hande maar dit sal hulle natuurlik nie doen nie.

Annie ·

Ek hoop nie hulle kry borg nie – want anders gaan hulle net aanhou en aanhou en dit gaan groter en erger word. Martel tot hulle praat wie is die grootkop/pe agter alles. Hulle almal verdien om in die tronk te sit.

neels ·

Aag mooi man die SAPD doen hulle werk. Die regering van die dag is te blameer want hulle wil mos die grense verwyder oor die hele Afrika om dit makliker te maak vir die skelm en dwelmsmous.

Wilma ·

Hoop die persoon wie gepiemp het kry goeie beloning. Kriminele verdien doodstraf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.