Drie vas vir Durban-sleepmoord

Argieffoto.

Argieffoto.

Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 20-jarige man van Overport wat Dinsdagaand in Durban met ʼn skerp voorwerp gesteek en glo in ʼn teerpad gesleep is.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê speurders van die Sydenham-polisie het die verdagtes, tussen 20 en 26 jaar oud, Woensdag in hegtenis geneem.

“Die verdagtes word van moord aangekla en moet binnekort in die Durban-landdroshof verskyn,” het Zwane gesê.

Maroela Media het vroeër berig die slagoffer is Dinsdagaand omstreeks 22:30 in West Riding Rowstraat in Sherwood dood. Die polisie het aanvanklik gedink dat hy deur ʼn voertuig getref is.

Zwane het gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.