Drie vas vir dwelmhandel in die Noord-Kaap

Argieffoto

Drie verdagtes sal Woensdag onderskeidelik in die Kathu- en die Olifantshoek-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

Hulle is Dinsdag in hegtenis geneem nadat lede van die plaaslike misdaadintelligensie en die polisie se honde-eenheid tydens ʼn soek-en-beslagleggingsoperasie dwelms by twee verskillende huise in Skerpdraai-straat in Olifantshoek gevind het.

In die een huis het die polisie Mandrax-tablette ter waarde van R255 by een van die verdagtes gevind. By die tweede huis het die polisie die ander twee verdagtes aangetref en beslag gelê op 144 klein plastieksakkies vol dagga asook 13 Mandrax-tablette. Dié vonds het altesaam ‘n beraamde waarde van R54 000.

Genl.maj. Johan Bean, bevelvoerder van die polisiegroepering in die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit, het die polisie geloof vir die inhegtenisnemings.

“Ons moet voortgaan om dwelmhandel in ons samelewing hok te slaan deur diegene wat hulle met dwelms besig hou, in hegtenis te neem,” het Bean gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHARMAINE ·

Ek hoop hul kan nog meer dwelmhandelaars begin vas trek. Dit raak nou bietjie erg. Dit verwoes mense en kinders se lewens.

BOKKIEBEK ·

Is ek nou verkeerd….? Kos 1 mandrax tablet R 4150 ? Ek haat dwelms….

Vriendelike Frikkie ·

Lees mooi ” Dié vonds het altesaam ‘n beraamde waarde van R54 000.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.