Drie vas vir gru-moord op konstabel

Armand Wagner. Foto: Facebook.

Drie mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 23-jarige konstabel in Noordwes.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, 27, 30 en 35 jaar oud, is omstreeks 15:00 Dinsdag in Alexandra in Gauteng in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig motoriste het omstreeks 21:35 Maandagaand konst. Armand Wagner se liggaam langs die pad in Roosheuwel, Klerksdorp, gewaar.

Die polisie is in kennis gestel en hulle het die toneel besoek. “Sy liggaam is met veelvuldige steekwonde aangetref,” het Myburgh gesê.

Die drie verdagtes sal Donderdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het gesê sy is baie hartseer oor dié “grusame moord”. Sy het gesê die speurders sal alles in hul vermoë doen om ʼn suksesvolle vervolging te bewerkstellig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tiny ·

EN die koerante is vol van fotos waar’n ANC lid ‘n tannie skop met ‘n BLF thempie aan? Hierdie aanvalle en moorde op blankes gaan weer stil stil verby en almal dink Katie is die grootste rassis en leuenaar wat daar is. Dit lyk my mense is besig om vir die werklikheid weg te hardloop, ook ander lande. Makliker om te ONTKEN hier is iets groots fout in SA as om iets daaraan te doen. PAS SANKIES OP SA TOE TOT MOORDE OP PLASE OPHOU!

Carel ·

Die werk van onwettige Nigeriers wat onwettige bedrywighede in ons land het.

Johan. H. ·

Ek sekondeer daardie sanksies idee, Waar kan ek n Amerikaanse vlag kry? Wil hom voor my huis laat wapper todat PRESEDENT TRUMP se stelling nie meer waar is nie,,,

mossie ·

Nie lank terug nie het die regering of liewer ou frikkie gevra dat die blankes weer moet polisie toe gaan.
Om vermoor te word?
Was dit sy plan?
Kla vir Frikkie aan Solidariteit sodat ons agter die kap van die by kom?

Beulah ·

Hallo Johann. Ek kan vir jou een stuur. Woon in die VSA maar gaan kuier daar. Hy wapper trots voor ons huis saam met ‘n Trump vlag.

Fred ·

Ek dink dit is ‘n briljante idee, ipv die ou landsvlag moet ons almal die Amerikaanse vlag plus die Trump vlag laat wapper

Cyril Blackburn ·

Dagsê Mien
Dankie vir jou valkoog – ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Cyril Blackburn ·

Dagsê Jaco
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Hannelie ·

Wys hul gesigte, want ons gaan hulle more weer op straat sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.