Drie vas vir Melmoth-plaasaanval

Ses vuurwapens wat gedurende die aanval gesteel is, moet nog teruggevind word. Foto: Verskaf

Ses vuurwapens wat gedurende die aanval gesteel is, moet nog teruggevind word. Foto: Verskaf

Drie verdagtes wat vermoedelik betrokke was by die aanval Dinsdag op die plaas in die Melmoth-omgewing in KwaZulu-Natal, is Donderdag in die vroeë oggendure vasgetrek.

Arthur Lathleuff van Mfezi-veiligheidsdienste het gesê veiligheidsbeamptes het in samewerking met die polisie inligting van ʼn informant opgevolg en die verdagtes by hul huis ongeveer 6 km van die plaas af in hegtenis geneem. Van die gesteelde items is ook in hul besit gevind.

ʼn Vierde verdagte is egter steeds soek en ses vuurwapens wat gedurende die aanval gesteel is, moet nog teruggevind word.

Maroela Media het Woensdag berig dat Ricky Dinkelman en sy vrou Dinsdagmiddag deur vier verdagtes op hul plaas oorval en aangerand is. Agt vuurwapens, kontant, juweliersware, ʼn videokamera en ander items is tydens die aanval gesteel.

Veiligheidsbeamptes en sowat 15 boere van die omgewing het met behulp van snuffelhonde die aanvallers agterna gesit en drie vuurwapens op die spoor opgetel. Twee vuurwapens was van dié wat uit Dinkelman se kluis gesteel is, terwyl die derde ʼn maand vantevore tydens ʼn ander plaasaanval gesteel is.

ʼn Woordvoerder van die polisie kon Donderdagoggend nie dadelik bevestig dat die verdagtes in hegtenis geneem is nie. Maroela Media wag vir kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Taai ·

Maak n voorbeeld en hang hulle asseblief. Ons boere is moeg om soos diere gemoor en behandel te word…

Neels ·

Indien geweld hoe gering ookal gebruik word on eiendom van die eienaar te “neem” is dit roof.
Dus is die vuurwapens geroof en nie gesteel nie asook enige ander item van die eienaar. Die straf vir roof is baie erger as vir diefstal. As voorbeeld word die kruiwa uit jou tuin gesteel en jy kom dit eers die volgende dag agter.
Dit is tegnies maar baie belangrik.

Hannelie ·

Bring die doodstraf terug dan sal Suid~Afrika verander dat ons in rus en vrede kan leef ! !!

Sakkie van Jaarsveld ·

Die vuilgoed moet hang !.Die moorde is besig om n rassehaat te ontketen in my wat nie voorheen bestaan het nie..Ek weet nie hoe ek sal reageer as iemand my geliefdes tenakom nie.
My innige simpatie met almal in ons land wat deur die moordenaars se doen en late geraak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.