Drie vas vir moord op polisieman

Ao. Sabelo Mali. Foto: Verskaf

Thandile Nkonyeni (27), Sibulele Mfikili (38) en Nathi Mtungowakhe (28) het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op ʼn polisiebeampte van Oos-Londen.

Ao. Sabelo Mali, die polisiebeampte wat woonagtig was in die Ngxwalane-nedersetting buite King William’s Town, is op 22 Mei omstreeks 07:00 vir die laaste keer lewend gesien toe hy op pad was werk toe. Sy liggaam is twee dae later deur lede van die Punzana-gemeenskap in ʼn bebosde gebied met ʼn koeëlwond aan sy bolyf aangetref.

Die Oos-Kaapse polisie se ernstige misdaad- eenheid het ʼn moordondersoek van stapel gestuur en die drie verdagtes is op 26 Julie in Mdantsane in hegtenis geneem.

“Dit het intussen aan die lig gekom dat ao. Mali aangeval is toe hy die drie beskuldigdes by ʼn vulstasie in Berlin ʼn rygeleentheid aangebied het. Hulle het hom glo met ʼn vuurwapen gedreig en beheer van die voertuig oorgeneem, waarna hulle na die bebosde gebied gery het waar hy vermoor is,” het kapt. Anelisa Feni, polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.

Nkonyeni, Mfikili en Mtungowakhe het in die Zwelitsha-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is tot 15 Augustus uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom Jaco ·

Maar ons moet onthou, hulle menseregte waarop hulle nou, meer as ooit, kan steun, gee hulle die REG om aansoek te doen vir borg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.