Drie vas vir moord op Pta-polisiekaptein

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans wat Saterdag glo ʼn polisiekaptein van Pretoria vermoor het, is in hegtenis geneem.

Ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is in Winterveld, noord van Pretoria, vasgetrek.

Volgens Nkoadi het vier verdagtes vermoedelik Saterdag kapt. Kenneth Poortman (47) se privaat voertuig in die Hercules-gebied in die stad gekaap. “Hy is met ʼn skerp voorwerp in sy bolyf gesteek en sy liggaam is langs Theo Martin-weg gelos,” het Nkoadi gesê.

Die vier verdagtes het glo Poortman se vuurwapen afgeneem en met sy motor Winterveld toe gery, waar drie van hulle later in hegtenis geneem is. Poortman se vuurwapen en voertuig is ook teruggevind. Die vierde verdagte is steeds op vrye voet.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, die besit van ʼn gekaapte voertuig en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, het Nkoadi gesê.

Meer as 80 polisiebeamptes is reeds vanjaar vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gertjie ·

Dis maar ‘n baie klein getal teen ons boere wat dood gemartel word.

Donovan ·

as n mens gaan kyk ons het oor die 17k moorde in ons land gehad vir 2015… dit is amper 3x die getal mense wat vermoor is deur ISIS die hele wêreld deur. daar word gemiddeld 48 mense per dag in ons mooi land vermoor en ons regering kan nie die nut sien om enige matreels daarin te stel om dit te bekamp nie… Hierdie Kapt in die polisie se kundigheid is daarmee heen, al sy kennis en vaardigheid wat hom n offesier in ons SAPD gemaak het is verlore deur 4 on geskoolde, on opgevoede karakters wat slag, steel en verwoes so ver hulle gaan… nou vra ek hoeveel nog… hoeveel bloed moet nog vloei voor die wêreld kan sien ons is in die moeilikheid… ons sekureteit gradering is op vlak 7, nog een gradering af en dit is gelyk aan n burger oorlog status… wie in die ANC het genoeg moed om op te staan teen hierdie on regeerbare force in ons land… Zuma se opvolger gaan dit ook een van die kamarade wees wat n gunsie gedoen moet word of gaan die ANC vir n slag opstaan en n MAN of n VROU gee om die land rigting te gee… Gaan ons ooit van die spoke van gister ontslae kan raak… Crime het nie kleur nie en ons almal gaan gebuk onder die jeuk van bosemagte wat in ons land heers en niemand doen iets daaraan nie… ons bid so vinnig vir reën maar wat van ons Crime in die land… Dwelms het die polisie meer as 450k sake hanteer in die jaar…. maar ons regering is happy, met hulle wit hemde, donker suits en ORDER OF MALTA kruisies wat uit gedeel word vir WAT!!! ons is deel van BRIC lande Brazil, Rusland, Indië en China almal lande met die selfde probleme… Waar is die dae wat ons hande met Isreal gevat het… waar is die dae wat ons n polisie man respekteer het en nie gedink jou vetsugtige Nando vreeter, waar is die dae as jy n spietkop gesien het jy penetjie regop in jou stoel gesit het… Ons land en sy mense het LOU geraak en God waarsku ons deur LOU Christen te wees… Kyk na Putin hoof van Rusland se intelegensie korps gewees, hy is nie n persoon wat hoop om iets te doen nie… hy laat dinge gebeur… hoe het hy aan ISIS gesê: Jesus is in the forgiving business and I am in the business to send you there… Ons land kort n President wat kan opstaan teen die massa, een wat kan rigting gee en ons weer n toekoms kan bied… Maar ja ons regering is so verblind dat hulle nie kan sien dat al die mense wat hulle hande mee vat ons n rat voor die oë draai nie… lekker my China van China, My bra van Brazil, my cousin van Indie en my comrade van Russia..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.