Drie vas vir moord op Williston-boer

Dennis Viviers. Foto: Verskaf

Dennis Viviers. Foto: Verskaf

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dennis Viviers (65) en sal vandag in die Williston-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn.

Viviers, ʼn afgetrede boer, is êrens tussen Vrydagaand 22:00 en Saterdag 00:30 vermoor. Hy is keelaf gesny.

Lt. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes is laat Sondagaand in hegtenis geneem. Sy sê die verdagtes is onderskeidelik 17 en 20 jaar oud en sal vandag in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek gaan voort.

Lees ook:
Afgetrede boer in Williston vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ria Maritz

Mag hulle suksesvol vervolg word. Dit was “net nog” ‘n sinnelose moord, oftewel, die moordenaars moor omdat hulle moordlustig is. 3 Rotters, mag hulle kry wat hulle toekom – doodstraf sou dalk te genadig wees.

RIP – ek glo sy geliefdes sou eerder wou sê “Return If Possible” – dis hartseer en uiters onregverdig om te moet lees van moorde, die wreedaardigheid daaraan verbonde, teenoor die Blanke !

alet

Barbare barbare sny hulle nekke ook af kan ons blanke mense ook maar gaan en kelle afsny. Red n volk met so n barbaarse nasie die wonderlike reenboog nasie.Doodstraf doodstraf asb dat ons kan sien wie swieng

Attie

Die dorpies in die Karoo is vervuil met leegleers van hierdie ouderdomsgroep. Gekweek deur die entitlement idee en All Pay.

Magdalene

Ek is oorspronklik van Williston en ek voel hartseer vir die oorlede se familie, veral vir sy moeder wat in n tehuis is en nog boonop hierdie tragiese nuus moes hoor. Niemand verdien om so te sterwe nie. Ek het geen genade met die moordenaars nie. Of ek hulle ken of nie – doodstraf sal regverdig wees. Julle het geen reg om n lewe te neem nie. Slegs God het lewe gegee en slegs Hy kan dit neem. Mag julle vrot in die tronk

Oloff

Die “child grant” moet vervang word deur n “basic food grant” wat nie fisies uitbetaal word in geld nie maar dmv kos-krediete by goedgekeurde handelswinkels. Die “child grant” is deels te blameer vir baie van hierdie soorte probleme in SA. Mense kry soveel as moontlik kinders om soveel as moontlik grants te kry- min of geen van hierdie geld bereik die kinders nie- dit word gebruik vir drank en die kinders word aan genade oorgelaat en word groot sonder dissipline en leiding! Nou sit ons met n generasie wat se morele waardes so verval het dat hulle tot sulke dade… Lees meer »