Drie vas vir moord op Williston-boer

Dennis Viviers. Foto: Verskaf

Dennis Viviers. Foto: Verskaf

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dennis Viviers (65) en sal vandag in die Williston-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn.

Viviers, ʼn afgetrede boer, is êrens tussen Vrydagaand 22:00 en Saterdag 00:30 vermoor. Hy is keelaf gesny.

Lt. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes is laat Sondagaand in hegtenis geneem. Sy sê die verdagtes is onderskeidelik 17 en 20 jaar oud en sal vandag in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek gaan voort.

Lees ook:
Afgetrede boer in Williston vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ria Maritz ·

Mag hulle suksesvol vervolg word. Dit was “net nog” ‘n sinnelose moord, oftewel, die moordenaars moor omdat hulle moordlustig is. 3 Rotters, mag hulle kry wat hulle toekom – doodstraf sou dalk te genadig wees.

RIP – ek glo sy geliefdes sou eerder wou sê “Return If Possible” – dis hartseer en uiters onregverdig om te moet lees van moorde, die wreedaardigheid daaraan verbonde, teenoor die Blanke !

alet ·

Barbare barbare sny hulle nekke ook af kan ons blanke mense ook maar gaan en kelle afsny. Red n volk met so n barbaarse nasie die wonderlike reenboog nasie.Doodstraf doodstraf asb dat ons kan sien wie swieng

Magdalene ·

Alet – verander jou kommentaar oor die kleurgrens. Dit gaan groot reaksie lok en dit kom rasisties voor. Alle rasse pleeg moord – geen eksepsie. Ons land sal nooit regkom as ons herhaaldelik in n kleurgrens vaskyk. Ons almal is gefrustreerd maar om dit op so manier te benader help niemand

Attie ·

Die dorpies in die Karoo is vervuil met leegleers van hierdie ouderdomsgroep. Gekweek deur die entitlement idee en All Pay.

Magdalene ·

Atttie ek blameer die werkloosheid as gevolg van ons raad wat nie vir ons mense werk kan create nie. Sodra n mens aan hierdie topic raak word dit sensitief maar ek se weer, niemand kan n lewe so wreed neem nie. Ek is bekommerd oor almal se veiligheid want die moord was wreed gepleeg. My ouers woon op Williston, die tragedie kon net sowel met hulle gebeur het.
Ons plaaslike munisipaliteit is onbevoeg om projekte te loods om ons mense werke te gee. Ons tieners verval in drank en dwelm misbruik asook die idee van gangsterism.
Iewers moet iemand standpunt inneem. GENOEG IS GENOEG!

Magdalene ·

Ek is oorspronklik van Williston en ek voel hartseer vir die oorlede se familie, veral vir sy moeder wat in n tehuis is en nog boonop hierdie tragiese nuus moes hoor. Niemand verdien om so te sterwe nie. Ek het geen genade met die moordenaars nie. Of ek hulle ken of nie – doodstraf sal regverdig wees. Julle het geen reg om n lewe te neem nie. Slegs God het lewe gegee en slegs Hy kan dit neem. Mag julle vrot in die tronk

Oloff ·

Die “child grant” moet vervang word deur n “basic food grant” wat nie fisies uitbetaal word in geld nie maar dmv kos-krediete by goedgekeurde handelswinkels. Die “child grant” is deels te blameer vir baie van hierdie soorte probleme in SA. Mense kry soveel as moontlik kinders om soveel as moontlik grants te kry- min of geen van hierdie geld bereik die kinders nie- dit word gebruik vir drank en die kinders word aan genade oorgelaat en word groot sonder dissipline en leiding! Nou sit ons met n generasie wat se morele waardes so verval het dat hulle tot sulke dade in staat is!

magdalene ·

N kind benodig nie net kos nie maar ook toiletware, medikasie ens. Julle generalize want nie almal koop drank van die grants nie. Vra n ouer wat werklik sukkel en wat dependant is op daardie paar sente.ek dink hierdie forum word gebruik om topics te discuss wat geensins verband met die moord het nie. Kom ons discuss die swak polisieering, die feit dat polisie nie genoeg doen om drugs van die strate te kry nie want ek dink tog dat dit ook n moontlike oorsaak kon wees wat gelei het tot hierdie tipe besluitneming van die beskuldigdes. Dinge sal nooit regkom wanneer ons herhaaldelik verkeerde dinge aanspreek nie. Ja williston se werksyfer is bitter laag. Mense sukkel finansieel omdat daar geen werkskepping is nie.

marinda grobbelaar ·

So bly die wetters is vasgetrek! Ontstellend om te dink dit is jongmense uit ons gemeenskap, jeugdiges wat jy ken en daagliks tussen jou rondbeweeg. Dat hulle so min respek vir het vir lewe en ander se eiendom, dat hulle gewetenloos in jou huis inbreek en niks daarvan dink om iemand soos ‘n skaap keelaf te sny nie. Hoop regtig nie die regstelsel gaan ons weereens in die steek laat nie!

Deon ·

Ek woon in n Karoo-dorpie, en ons dorp sou die mooiste en mees gesogte Karoo-dorp kon word, as dit nie vir die enkele drankwinkel was nie. Dronkenskap en urinering in die openbaar, die breek van bottels, rommelstrooiery, swak gedrag en barbaarse aggressie, is besig om ons dorp te vernietig. Dit wil voorkom of dit in meeste Karoo-dorpe die geval is. In ons geval behoort die drankwinkel aan n Afrikaner-boer, wat maar net wil insien hoeveel skade sy onderneming ons dorp aanrig nie. Talle stedelinge wil graag na Karoo-dorpies ontsnap, maar omdat sekere besighede nie reg geplaas is nie, sit dit potensiële kopers af. Ons sal nuut en meer verbeeldingryk moet dink oor ons veiligheid en toekoms.

alida ·

Dit is so jammer dat die klas goed moet plaasvind-en dit kinders wat so jonk is-alle stekte an die familie in die tyd wat -dit is wreed verby mag dit. Eendag raak dat die doodssteraf kan trugkom

charmaine ·

Ek wens hul fotos word opgesit in die dorp en op die buurdorpe sodat ons kan sien hoe die moordenaars lyk! Hulle wil nie werk nie – hulle wil net alles he en kry en vat en steel en moordpleeg. Mense moet ophou altyd iemand of iets anders skuld gee vir jou dade – dis te maklik om altyd ander skuld t gee. Daar is genoeg werk in williston – te veel as jy my vra – maar hulle WIL NIE werk nie. Ons stap al lank uit apartheid so hierdie 3 kan defnitief nie iemand anders skuld gee nie. Ek gee nie om watter kleur jy is nie – maar vat n slag verantwoordelikheid vir jo eie dade. Ons polisie of justice stelsel is in sy kanon! Moordenaars word beskerm en onskuldige mense wat sulke misdade rapporteer word blootgestel en getarget!… ek is so gatvol – en nou gaan almal daaronder lei – want omdat ek nie weet hoe hulle lyk nie – gaan ek nou vir niemand meer naby my toelaat nie – netnou word ek aangerand omdat ek jo nie n R 2 gegee ht nie…dan is dit seker ook my skuld… so jammer vir williston en sy mense en vir oom dennis viviers se naastes! Mag daar geregtigheid geskied alhoewel dit nie die seer gaan wegneem nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.