Drie vas vir ontvoering, moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie mans wat glo ʼn man van Barberton in Mpumalanga ontvoer en vermoor het nadat ʼn sakeooreenkoms skeefgeloop het, is in hegtenis geneem.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Tshepo Shabangu, in sy 20’s, is op 4 Desember 2016 vir die laaste keer lewend gesien. Die polisie se ondersoek het aan die lig gebring dat Shabangu na bewering deur ʼn groep mans ontvoer is nadat ʼn sakeooreenkoms in verband met onwettige mynaktiwiteite skeef geloop het.

Swenkie Mashaba (24) is Maandag in hegtenis geneem en het in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering. “Vandag is nog twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 26 jaar oud, ook in verband met die ontvoering in hegtenis geneem,” het Hlathi gesê.

“Verdere ondersoek het die polisie na ʼn beboste gebied buite Barberton gelei waar die slagoffer se liggaam gevind is. Die verdagtes het na bewering die slagoffer doodgeslaan en sy liggaam in die gebied gestort.” Hlathi het gesê die ontdekking van Shabangu se liggaam het daartoe gelei dat ʼn tweede aanklag van moord ook teen die drie verdagtes aanhangig gemaak is.

Al drie verdagtes sal Vrydag in die Barberton-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pik ·

Daar word niks gedoen om onwettige myners te stop nie hulle loop met pikke en grawe voor die SAP asof hulle oppad werk toe gaan

Jan maak n plan ·

Hierdie onwettige mynbou aktiwiteite het lankal omgesit in sindikate en kartelle. Dis die dat hierdie man vermoor is. Gaan probeer jy om ook daar in te kom om te delf. Jy word bitter vinnig verjaag.

Topster ·

Ja Pik hulle is beslis op pad werk toe die vraag is of dit wetting of onwettig is en wat daar aan gedoen word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.