Drie vas vir ‘onwettige’ ivoor

Argieffoto

Argieffoto

Drie Zimbabwiese burgers het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn vir die onwettige besit van ivoor.

Leonard Samakande (34) en Knowledge Nhidza (31) is op borgtog van R2 500 elk vrygelaat. Hulle is op 30 April saam met Stanley Chirima (30) by Elandsrand in hegtenis geneem nadat die polisie se taktiesereaksie-eenheid ʼn wenk ontvang het dat een van hulle met ʼn olifanttand gesien is.

Die polisie het die verdagtes se wit Mercedes Benz gesien, afgetrek en die motor deursoek. Vier stukke ivoor is in die voertuig gevind. Die mans kon nie verduidelik waar hulle die ivoor gekry het nie en is op die toneel in hegtenis geneem. Die waarde van die ivoor is nog nie vasgestel nie.

Chima het nie vir borgtog aansoek gedoen nie, aangesien hy onwettig in die land is. Samakande en Nhidza het albei geldige paspoorte en hul borgtogaansoek is dus nie deur die staat teengestaan nie.

Sakamande het aan die hof gesê hy woon al ʼn jaar in Suid-Afrika en woon tans in Mothutlung, oos van Brits, waar hy ʼn voltydse werk het. Nhidza woon in Damonsville, ook buite Britz. Albei moes as deel van hul borgtogvoorwaardes hul paspoorte inhandig en mag nie die land verlaat sonder toestemming van die ondersoekbeampte in die saak nie.

Die beskuldigdes sal op 8 Junie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Borgtog word so maklik toegestaan. Hulle is betrap met die ivoor en kon nie verduidelik waar dit vandaan is nie. Hoe groot is die kans dat hulle onskuldig kan wees? Dit maak geen sin om bloot borgtog toe te staan wanneer alles daarop dui dat hulle diereslagters is wat smokkel met ivoor.

Frederik ·

Ek kan my indink wie was die landdros. Die een het ‘n voltydse werk, maar smokkel steeds ivoor. Die spietkop in Vryburg het ook ‘n voltydse werk, maar vra my R 100 vir KFC. Voëls van dieselfde vere, landdros ingesluit.
Dink hy een oomblik ‘n paspoort gaan die ouens keer om deur die Zambezi terug te loop na Mugabe toe?

Piet Piper ·

In Kenia sou hulle 15 jr tronkstraf gekry het eerskomende Maandag.

christine ·

Bernard ivoor is olifant tande so met anderwoorde iewers le n olifant nou dood sonder tande stomme dier.

Cherokee ·

Christine, dooie olifante met of sonder tande is ewe erg.

Lance ·

BWeer buitelanders !!!!….die mense kom oor die grense asof dit niks is nie ….geen rekord van die mense …so kan doen wat hulle wil hier…die 3 is nou toevallig gevang ….wat my nogal verbaas. Die grense is oop vir almal ….op tv gewys hoe mense net kan oorloop waar drade net eenvoudig weg gebuig en gesny is …..wonder net waar die ”unabreached certificate” nou is …maar laat jy nou net hier land op n lughawe ….asb wat n groot joke !

Jef ·

Twee van die drie woon tans in SA waar hulle werk dus hulle is SA burgers of is hulle Zimbabwiese burgers met n werk permit om in SA te kan werk.
Want daar word van drie Zimbabwieers gemeld aan die begin van die berig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.