Drie vas vir rooftog by Krokodilrivier

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Drie verdagtes moet Maandag in die Brits-landdroshof verskyn nadat ʼn man Woensdag naby die Krokodilrivier in Brits beroof is.

Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het Sondag gesê die 28-jarige slagoffer het omstreeks 18:15 naby die rivier geloop toe hy glo deur drie gewapende verdagtes oorval is.

“Hulle het na bewering ʼn vuurwapen op hom gerig en hom van sy geld en klere beroof voor hulle van die toneel gevlug het,” het Myburgh gesê.

Die polisie het Donderdag ʼn intelligensiegedrewe operasie in die omgewing uitgevoer wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes, onderskeidelik 30, 33 en 37 jaar oud, gelei het.

Die polisie het terselfdertyd beslag gelê op gesteelde items wat in die verdagtes se besit gevind is.

Genl.maj. Ryno Audio, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes gelukgewens met hul vinnige reaksie wat tot die sukses gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Siek en sat ·

Mooi so. Hulle is vinnig vasgetrek. Nou kan hulle net om verskoning vra dan is alles weer reg en hulle is vrygelaat om weer n volgende misdaad te pleeg.

Selfbeslikking ·

Dis hoe SA is en sal bly, daarom is selfbeskikking ons enigste hoop, al is ons eie land klein.

LB S ·

Intelligensiegedrewe operasie nogal. Mooi man, mag daar vele meer wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.