Drie vas vir Sassa-bedrog

(Argieffoto)

Drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog, sameswering om ’n oortreding te pleeg en die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie.

Die aanklagte hou verband met ’n kuberaanval op die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) se aanlyn stelsel om begunstigdes te besteel.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het Sondag in ’n verklaring gesê drie verdagtes, tussen 27 en 39 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo saamgesweer het om geld te steel deur by die Sassa-stelsel in te breek en toegang tot die organisasie se rekeninge vir begunstigdes te verkry.

Volgens Sekgotodi is daar gedurende die inhegtenisneming beslag gelê op ’n elektroniese toestel wat gebruik word om inligting te bekom, ’n skootrekenaar, ’n skandeerder, Sassa-kaarte asook die voertuig van een van die verdagtes.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Drie? So wat van die res van die seventi hundred ant miljohn ant fourtiehn?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.