Drie vas voor hulle renoster kon stroop

Foto:  Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Foto: Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Drie verdagtes het Dinsdag in die landdroshof in Modimolle verskyn nadat hulle ʼn renoster op ʼn plaas in Marken, Limpopo, wou skiet en stroop.

“Die verdagtes is Sondagmiddag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor ʼn moontlike aanval op die plaas,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. “Die polisie, lede van ʼn veiligheidsmaatskappy en die eienaar van die plaas het ure lank die gebied dopgehou en uiteindelik gesien hoe ʼn voertuig twee verdagtes aflaai en hoe hulle die plaas te voet betree.”

Die verdagtes is ʼn kort rukkie agtervolg voordat hulle in hegtenis geneem is. “Die polisie het beslag gelê op ʼn jaggeweer, knaldemper en ʼn byl. Die bestuurder van die voertuig wat hulle afgelaai het, is later ook in hegtenis geneem en die voertuig is gekonfiskeer,” het Otto bygevoeg.

Raymond Sithole (31), Ncena Mashele (27) en Hector Maluleke (26) staan tereg op aanklag van sameswering om ʼn renoster te stroop en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie. Hulle aansoek om borgtog is afgekeur en die saak is tot 11 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charmaine ·

Lekker kry ek nou, my kleintoontjies krul eintlik om! Wens net die SAPD wil ag slaan op inligting om plaasmoorde ook so hok te slaan …. O ja, het vergeet ………..

zahn ·

Dis nou mooi! Lekker om te hoor van renostrs wat NIE gestroop is nie! Wie sou kon raai dat die SAP pro aktief kan optree? Hier by ons wag hulle tot jy dood is, dan is hulle in elk geval nie haastig nie, want jy is mos nou dood, jy gaan mos nêrens nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.