Drie vas wat glo Eskom-transformators steel

(Argieffoto)

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo 10 Eskom-transformators ter waarde van sowat R500 000 gesteel en met die netwerkinfrastruktuur gepeuter het.

Kabels en pale wat vermoedelik aan City Power behoort, is ook op die toneel in Diepsloot, Gauteng, gevind waar die mans aangekeer is.

Veiligheidsbeamptes van Eskom is bedag gemaak op ʼn onwettige 11 kV-verbinding van sowat 1 km lank wat informele nedersettings in die gebied van krag voorsien. Die drie mans, almal inwoners van die gebied, is daar in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisnemings volg op ʼn omvattende ondersoek deur Eskom en die polisie. Dit is deel van voortgesette pogings om misdadigers vas te vat wat Eskom se pogings om elektrisiteit te verskaf, ondermyn,” het Motlhabana Ramashi, senior bestuurder vir instandhouding en bedryf in Gauteng, gesê.

“Ons het onlangs begin om die lading afwisselend te verminder in gebiede of op netwerke wat gereeld oorlaai word. Diepsloot is een van dié gebiede. Die beperkings moet Eskom se bates teen herhaalde ineenstorting en ontploffings beskerm, asook die stygende koste hieraan verbonde bekamp,” het Ramashi gesê.

Die beduidende toename in kragverbruik kom soggens en saans tydens spitstye voor. Dit lei tot oorlading wat weer beteken die toerusting gee die gees en ontplof.

Ramashi sê dit is die gevolg van onwettige verbindings, meters wat omseil word en ʼn gepeuter met elektrisiteit in dig bewoonde gebiede, of waar talle mense ook in agterplase woon.

“Ons loof die lede van die publiek vir hul dapperheid om standpunt in te neem teen die onwettige bedrywighede wat inmeng met kragtoevoer en ʼn gevaar veroorsaak weens die blootstelling aan onbeskermde elektrisiteitsinfrastruktuur.

“Eskom is vasbeslote om sy bates tydens die afsonderingstydperk te beskerm, asook om te verseker hy kan noodsaaklike dienste aan inwoners lewer,” het Ramashi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fedup ·

Okay, now work a bit harder and find their buyer/s. Shouldn’t be that hard to manage.

Karlahari ·

As jy doelbewus n land se infrastruktuur beskadig is dit terrorisme.
Kla die black sams aan onder terrorisme wet en gooi hulle met die boek.

Jack ·

Ek weet nie veel van kragtoerusting en netwerke nie maar glo dit is moontlik om gebiede wat problematies is se kraglewering in te perk sodat ekstra krag nie gestell kan word nie. Dit behoort die plekke se inwoners te aktiveer om op te tree teen die boosdoeners. Wie wil in die donkerte sit as jy betaal. Dit bly die gemeenskap se verantwoordelikheid om boosdoeners uit te lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.