Drie vas wat glo motor by winkelsentrum wou steel

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Drie verdagtes is Woensdagmiddag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn motor in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Centurion probeer steel het.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 16:15 by die Mall@Reds-sentrum gebeur. Die veiligheidspersoneel by die sentrum het glo gesien hoe die drie verdagtes by die motor probeer inbreek.

Volgens Huma het die wagte die polisie ontbied en met hul aankoms by die sentrum het die verdagtes in hul motor op die vlug geslaan. “Die verdagtes se wegkommotor, ʼn Mercedes-Benz, is agternagesit en in Eldoraigne voorgekeer. Binne die motor is verskeie motordiefstal-toerusting gevind, soos verskillende voertuigsleutels, ʼn blokkeringstoestel en motorrekenaarbokse,” het sy gesê.

Die drie verdagtes, tussen 29 jaar en 40 jaar oud, sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van motordiefstal-toerusting. Volgens Huma sal die polisie verder ondersoek instel en nog aanklagte sal later bygevoeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ed ·

Nou waar is die fotos van die verdagtes? Goeie werk deur die lede betrokke.

Varkie ·

Watse motor was dit ?? Wil weet wat deesdae in die mode is om te steel en of my karretjie nog veilig is hehe… alhoewel as hulle in n Merc ontsnap het was dit seker iets oordentliks

Piet Pompies ·

Motor diefstal is ‘n groot probleem in SA, volgens die toerusting op die foto het hierdie groep Toyota voertuie geteiken.
My VW Caddy bakkie is in 1996 gesteel, nadat die voertuig by die bank afgelos is en bybetalings ingereken is kry ek R148.00 uit. Die voertuig is nooit terug gevind.

Christa ·

Ed hulle mag nie eers hulle name bekend maak voordat hulle in die hof verskyn het en aangekla is nie.

cor ·

Dit is mense en ‘n mense se fotos word nie gewys voor hulle nie aangekla is nie. Asjou naam Piet, Koos of Jan alleman heet dan sal hulle jou foto wys. High five vir die sentrum se sekuriteit hulle is op en wakker.

snoefie ·

het mense wat Mercedes Benz ry nodig om karre te steel? Ed ons sal seker nooit hulle fotos sien of hulle name hoor nie. die feit dat hulle gevang was beteken nie noodwendig hulle was aangekla nie.

Gerd Lourens ·

Aanvaar maar dat die Merc ook ‘n gesteelde kar is!

Celeste ·

Ek sal graag wil wat was die kleur van die Merc, my nissan bakkie is laas jaar Nov gesteel in waverly. Daar is op die CCTV kamera gesien hoe die Merc agter my bakkie stop en hul uitklim. Een agter bakkie stuur wiel, een stoot bakkie en Merc word weg gery. Bakkie was gesluit, en het gearlock aan gehad? Dit het tussen 7.30 en 8.00nm by Dr kamers gebeur. My bakkie is nooit gevind!!!

Celeste ·

Ek sal graag wil weet wat was die kleur van die Merc, my nissan bakkie is laas jaar Nov gesteel in waverly. Daar is op die CCTV kamera gesien hoe die Merc agter my bakkie stop en hul uitklim. Een agter bakkie stuur wiel, een stoot bakkie en Merc word weg gery. Bakkie was gesluit, en het gearlock aan gehad? Dit het tussen 7.30 en 8.00nm by Dr kamers gebeur. My bakkie is nooit gevind!!!

Gerhard ·

Dit het my laat besluit om maar vir die wagte iets te gee,ja ek het assuransie maar die gesukkel om nuwe motor te kry is die paar rand werd.

MarieM ·

Wat ‘n pluimpie vir Mall@Reds se sekuriteit!!!! Centurion word weer lelik geteiken die laaste tyd.

Alida ·

Ai mense die skelm ry met MB maar hulle steel die ou karre vir die parte. Verstaan dit tog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.