Drie vas wat glo olifanttande wou verkoop

Argieffoto

Drie verdagtes wat na bewering probeer het om olifanttande naby ʼn Gautengse winkelsentrum te verkwansel, sal Donderdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die drie is gister naby Festival Mall aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat owerhede ʼn wenk van die publiek ontvang het dat hulle probeer om twee olifanttande vir R150 000 van die hand te sit.

Beamptes van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het naby die winkelsentrum op die niksvermoedende trio toegeslaan en hulle in hegtenis geneem. Die drie, onderskeidelik 28, 37 en 39 jaar oud, sal in die hof verskyn op aanklag van die besit en handel in olifanttande in oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit.

Die Valke se ondersoek na die oorsprong van die tande duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Heksie ·

Arrogant verby! Om sommer so te probeer om ivoor te verkoop, dit terwyl hul weet dit is onwettig! Druk daai olifanttande op waar die son nie skyn nie!

Andre Stander ·

Sekerlik by een van die menigte ‘Chinese’ winkeltjies probeer verkwansel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.