Drie vas wat glo vragmotor met televisiestelle steel

Die gesteelde televisiestelle. (Foto: SA Polisie)

Drie Somaliërs is vroeg Donderdagaand in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle met ʼn besending platskermtelevisies in ʼn gesteelde vragmotor betrap is.

Sers. George Mijiwu, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die blitspatrollie het die vragmotor omstreeks 18:00 in Durbanweg in Bellville afgetrek en deurgesoek, nadat polisielede gesien het dit lyk soos ʼn vragmotor wat vroeër die dag in Atlantis by ʼn maatskappy gesteel is.

Daar was altesame 42 splinternuwe televisiestelle ter waarde van R360 000 in die vragmotor.

Die voorlopige ondersoek het bevind dit is wél dieselfde vragmotor wat by die maatskappy gesteel is.

Die drie verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die Bellville-landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde eiendom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Roos ·

Ek lag lekker vir julle twee, Die Skaap en en Francois le Chocon! Baie gevat.

Seerowers ·

Lyk my as hulle nie skepe roof nie is dit trokke…. Geen wonder hulle doen so lekker oral besigheid nie.

Hannes ·

Ek werk in Somalia en glo my hulle kom hulle land binne met SA diplomatieke paspoorte.

Hanna Hoekom ·

Kom ons raai hul amptelike status in hierdie land: onwettig! Groot probleme met Somaliers in die VSA ook. En CR wil die grense vir “handel” oopgooi…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.