Drie vas wat man glo in kop skiet vir TV

‘n Skermskoot uit die video.

Drie mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende huisroof in Florida in Desember 2017.

Kapt. Mpho More, woordvoerder van die polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Ek kan bevestig drie verdagtes is vanoggend in hegtenis geneem in verband met die voorval,” het More gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die voorval waarin gesien kan word hoe ʼn vrou en ʼn klein dogtertjie tydens ʼn huisroof voor aanvallers vlug en ʼn man twee keer geskiet word, is wyd op sosiale media versprei.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man is in sy hand en kop geskiet. Meiring het gesê die vrou het ʼn besering aan haar been opgedoen. Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

JHB West Responders het beeldmateriaal van die huisroof wat deur veiligheidskameras vasgevang is op Facebook gedeel. In die inskrywing op Facebook skryf die organisasie die vrou se been is tydens die voorval gebreek.

“Kringtelevisiebeeldmateriaal toon dat twee verdagtes die voorste hek opgelig het. Toe die huiseienaar gaan ondersoek instel het, het hulle hom in die tuin oorrompel. Een verdagte het die huis binnegegaan en die televisiestel van die muur probeer verwyder,” lui die inskrywing.

Die inskrywing lui verder die man is geskiet en met ʼn hamer aangerand toe hy die woonkamer binnegekom het. Die verdagtes kon daarin slaag om met ʼn silwer of ligblou Toyota Corolla van die toneel te vlug.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê dit het aanvanklik geblyk of daar net twee verdagtes is, maar dat daar moontlik ʼn derde verdagte was wat die wegkommotor bestuur het.

[WAARSKUWING] Die beeldmateriaal kan sensitiewe lesers ontstel.

#LOOKOUT Silver or L/Blue Toyota Corolla FN73ZCGP 2b/males armed robbery Thistle Street, Florida, Roodepoort, Jhb, GP. The victim was shot in the head & hit on the head with a hammer, a second victim suffered a broken leg. Both are in hospital in a stable condition for a TV. Call your lookouts as quick as possible on the Gauteng Concerned Citizens crime fighting channel http://zello.me/k/cYC0h

Posted by Gauteng Concerned Citizens on Sunday, December 17, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene ·

Kan die mens nie besef jy mag nie uit gaan as hulle iets hoor nie hulle sal oorval word hoeveel moordenaars ids daar nog

Roxy ·

Dit laat mens jou eie trauma herleef as jy deur so iets gegaan het. Hoop hul word gestraf die emosionele skade bly baie lank by mens.

Muffin ·

Baie dankie aan die persone betrokke om die verdagtes vas te keer. Afgesien van huisroof is dit ook aanranding en poging tot moord.
Hoop ons kry terugvoer en geen borg vir hulle.

anton ·

Hollywood se rolprente is niks invergelyking met wat ons in werklikheid hier in s.a beleef nie!!!
In minder as 2 min is die familie se lewe handomkeer verander en sal hulle met die emosionele skade vir bitter baie jare sit of selfs vir die res van hulle lewens.
Dan wil die polisie se ”wette” se jy mag nie jou wapen gebruik as jy beroof word nie want dit is net roof!!!
Dit is n siek land waar kriminele se regte bo die van wetgehoorsame burgers sin gestel word!!!
Net God se genade dat die familie nie by n graf gestaan het na die voorval nie.

Well done ·

Well done al 3 vasgetrek. Hoop hul word goed gestraf vir die sinnelose daad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.