Drie vas wat met ietermago betrap is

Foto: Verskaf

Drie verdagtes sal Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn nadat ʼn ietermago in hul besit gevind is.

Die verdagtes, tussen 22 en 35 jaar oud, is Vrydag by ʼn vulstasie in Brits in hegtenis geneem, het Maria Nkabinde, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die inhegtenisnemings is gemaak nadat ʼn wenk ontvang is van ʼn lid van ʼn niewinsgewende organisasie wat hom toespits op die bekamping van onwettige handel in wild en bedreigde spesies.”

ʼn Multidissiplinêre span, bestaande uit lede van die Jericho-veediefstaleenheid, misdaadintelligensie en natuurbewaringsbeamptes het vinnig opgetree en die drie mans in ʼn wit Volkswagen Jetta voorgekeer.

Die ondersoek na die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

Ek is baie bly hulle is gevang. Dankbaar ook dat daar mense was wat hulle gerapporteer het. Hoop nou die hof straf hulle baie swaar, dit is nou te sê as hulle nie op borg vrygelaat word en verdwyn nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.