Drie vas wat toelaag-betaalpunt beroof

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Wapens wat tydens ʼn gewapende roof gesteel is, is teruggekry toe drie verdagtes Donderdag deur die Valke in Bosbokrand in Mpumalanga in hegtenis geneem is.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die sewe gelaaide vuurwapens was in die dak van die verdagtes se huis in College View versteek.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat twee van die vuurwapens dieselfde wapens is wat van veiligheidswagte geroof is toe ʼn maatskaplike toelaag- betaalpunt by ʼn kerk in die Ga-Moreku-nedersetting naby Acornhoek verlede week beroof is,” het hy gesê.

“Die Valke is warm op die spoor van agt ander verdagtes wat die veiligheidswagte ontwapen het en in twee voertuie met ʼn onbekende bedrag geld gevlug het.”

Die drie vermeende rowers sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.