Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die sewe gelaaide vuurwapens was in die dak van die verdagtes se huis in College View versteek.
“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat twee van die vuurwapens dieselfde wapens is wat van veiligheidswagte geroof is toe ʼn maatskaplike toelaag- betaalpunt by ʼn kerk in die Ga-Moreku-nedersetting naby Acornhoek verlede week beroof is,” het hy gesê.
“Die Valke is warm op die spoor van agt ander verdagtes wat die veiligheidswagte ontwapen het en in twee voertuie met ʼn onbekende bedrag geld gevlug het.”
Die drie vermeende rowers sal binnekort in die hof verskyn.