Drie veiligheidswagte vas ná transitorooftog

Argieffoto

Vier verdagtes, onder wie drie veiligheidswagte, is in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel aan die transitorooftog wat Vrydag op die N2-snelweg digby Harding in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê twee geldwaens het kontant in Port Shepstone opgelaai en saam na Kokstad gery. Een van die geldwaens het op pad na Kokstad verdwyn en die ander een is na bewering deur die vermeende rowers onderskep.

“Die rowers het ’n onbekende bedrag kontant gebuit en daarna van die toneel gevlug,” sê Mhlongo. “Die saak is by die polisiekantoor in Harding aangemeld en die saak is na die Valke oorgeplaas.”

Nadat die beroofde veiligheidswagte ondervra is, is daar vasgestel dat drie van hulle waarskynlik kop in een mus met die rowers was. Daar is glo van die gesteelde kontant in hul huise gevind.

“ʼn Totale bedrag van R709 510 is teruggevind.”

Die vier verdagtes, tussen die ouderdom van 31 en 60 jaar, sal na verwagting Woensdag in die Harding-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

Lekker ou bbeee Suid Afrika. Stel nog so paar aan hulle weet hoe om met geld te werk.

Misky ·

Hartseer as mens so berig lees en dan vergelyk met laasweek se berig oor die Prinsloo man wat so koelkop gebly het. Verskillende mense se morele en lojaliteite is opreg en ander 180 grade anderkant toe

Spook ·

Waar is Leo Prinsloo nou? Maar, die man kan ook nie oral wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.