Drie verbrand onherkenbaar in ongeluk

Argieffoto

Vier mense is dood in ʼn ongeluk Donderdagaand op die N12 in Noordwes, toe ʼn vragmotor van voor teen ʼn ligte voertuig gebots het. Die ongeluk het 19:40 tussen Bloemhof en Wolmaransstad plaasgevind.

Die vragmotor was op pad van Bloemhof na Wolmaransstad toe dit van voor teen ʼn motor, wat in die teenoorgestelde rigting onderweg was, vasgery het. Die twee voertuie het met die botsing dadelik aan die brand geslaan. Een insittende van die motor is uitgeslinger. Die ander drie passasiers is vasgekeer in die motor en het onherkenbaar verbrand.

Die bestuurder van die vragmotor het ernstige beserings aan sy bene opgedoen.

“Die polisie ken tans die oorledenes uit. Hulle ondersoek ook ʼn saak van strafbare manslag,” het Alpheus Koonyaditse, woordvoerder van die departement van openbare veiligheid en vervoer in Noordwes, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Dìt is tog logies. Dit is immers waarom ‘n saak van manslag ondersoek word.

JM ·

Daar vind byna daagliks ongelukke plaas waarby vragmotors betrokke is. Ek bevraagteken lankal die vragmotorbestuurders se bekwaamheid. Wonder hoeveel van dié bestuurders raak nie aan die slaap nie. Ons paaie is vinnig besig om ‘n slagveld te word.

Cherokee ·

Ek lees dit anders. So moontlik dat die vinniger motor ‘n ander verbygesteek het, in die gesig van ‘n lorrie. Dieselfde vragmotor kon egter ook verbygesteek het teen ‘n hoogte en dies meer. Jy is te vinnig om oningeligte besluite te neem.

Persheks Adri ·

Ja my lewe is opgeneuk deur ‘n vragmotor wat ons raak gery het van agter af. Ek moes al ‘n nek en rug operasie ondergaan het. Dit beperk my lewe so niemand verstaan regtig nie. Hy’t nog die vermetelheid gehad om weg te ry, maar die polisie het hom gaan haal en terug gebring na die toneel toe. Raai wat? Hy’t vorige oortredings waar hy ander mense dood gery het, maar bestuur vandag nog en dis al 21 jaar gelede

Flemming ·

Die probleem word duidelik uitgebeeld in Herman Kleinhans se video “Ek Wonder”

Lian ·

Die vragmotorbestuurder is nie noodwendig skuldig nie . Mense is te oorhaastig en wil nie wag nie en vat eenvoudig kanse .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.