Drie verdagtes dood, boer gewond tydens plaasaanval

(Argieffoto: Maroela Media)

Drie vermeende plaasaanvallers is Donderdagoggend doodgeskiet en ’n boer ernstig gewond tydens ’n aanval op ’n plaas buite Kroonstad in die Vrystaat.

’n Vierde verdagte word in dié stadium gesoek.

Brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die boer, vermoedelik in sy 30’s, is omstreeks 07:20 deur vier verdagtes onkant betrap toe hy sy voordeur oopgemaak het.

Die verdagtes het die boer glo oorval en hy is met ’n mes in die nek en kop gesteek.

Volgens Makhele kon die boer daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry, waarmee hy verskeie skote afgevuur het. Drie verdagtes is noodlottig gewond terwyl die vierde verdagte op die vlug geslaan het.

Makhele sê die boer woon alleen op die plaas. Hy het egter hulp ontbied en is na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, het aan Maroela Media gesê die boer het ’n “ernstige meswond” in die aanval opgedoen. Dit blyk egter in dié stadium dat die boer se lewe buite gevaar is.

Wilken sê dit het redelik goed gegaan vir twee maande (Desember en Januarie) wat plaasveiligheid in die Vrystaat betref, nadat plaasaanvalle in ’n stadium verlede jaar toegeneem het. “Dit is egter nou weer ’n probleem.”

Maroela Media het net verlede week berig VL is bekommerd oor die styging in plaasaanvalle en -moorde in 2019 en 2020.

In 2020 was daar 60 plaasaanvalle en 12 moorde, terwyl daar in 2019 altesaam 52 plaasaanvalle en 11 moorde aangeteken is. Dit is ʼn algehele toename van 12,5% – agt aanvalle en een moord meer as in 2019.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Aai ·

Give that man a Bell’s.Die Here was met jou en jy was voorberei goeie kombinasie.Gou gesond word.

Harry ·

Knap gedaan boertjie. Dink nie hulle het geweet dat jy sou so goed terugbaklei. Hoop jy herstel spoedig.

Stefan ·

Die plaasaanvalle was die laatste tyd weer ‘n probleem.
Wel, dis dan nou effens minder van ‘n probleem met 3 minder aanvallers.

Sylvia ·

Mag die boer volkome herstel. Mag sulke optredes ‘n afskrikmiddel wees vir die res

Danie ·

Knap gedaan my mede boer. Net weereens besef waarom ek 24 uur per dag my wapen aan my sy dra….

Gert ·

Goed gedoen 3 probleme minder. Hoop net nie die Boer kom in die moeilikheid agv ander se gierigheid nie.

Tinker ·

Mooi so meneer boerseun, jy het gedink om jou vuurwapen by jou te hou. Trots op jou, hoop jy herstel vinnig.

Werner ·

Pragtig dit is wat gebeur as jou wapen nie in die kluis is nie.Dan word jy nie n statistiek nie.

gatgogga ·

Seker gedink dis weer ‘n 80-jarige ou boer, toe stuur hulle net vier rampokkers.

Surfer ·

Mooi so, hier is n les vir almal. Paraat en bewapen, verdedig jouself dis jou reg.

Karina ·

Nou gaan hierdie boer seker boonop vir “moord” aangekla word soos gewoonlik. Ek hoop en bid dat hy spoedig sal herstel en dat die gereg hom sal uitlos, hy het homself verdedig en het die reg om dit te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.