Drie verdagtes doodgeskiet tydens sakerooftog

Foto verskaf deur SAPD Gauteng

Drie verdagtes is dood in ʼn skietery met veiligheidswagte tydens ʼn sakerooftog aan die Oos-Rand van Gauteng.

Die voorval het omstreeks 17:30 by Ishaak Butchery in Duduza plaasgevind.

“Die Duduza-polisiestasie is in kennis gestel oor ʼn skietery en met hul aankoms op die toneel het drie verdagtes op die sypaadjie gelê met skietwonde,” het kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Vier verdagtes het die bestuurder aangerand voor hulle met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug het.”

ʼn Skietery het tussen veiligheidswagte en die verdagtes uitgebreek. Drie verdagtes is noodlottig gewond. Twee veiligheidswagte het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem. Een van die veiligheidswagte het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk, het Makhubele bygevoeg.

Polisiebeamptes het op die toneel beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord, sakeroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.”

Een verdagte is steeds voortvlugtig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jack ·

Nog n paar booswigte wat nie op parool gaan uitkom of met borggeld van R200 op straat gaan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.