Drie verdagtes gesoek ná moord in Pta-huis

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Woensdag op ʼn huis in die ooste van Pretoria toegeslaan en vyf inwoners met skerp voorwerpe aangeval het.

Twee middeljarige vroue is tydens die voorval doodgesteek. ʼn 59-jarige man, vermoedelik die huiseienaar, is kritiek gewond en twee jonger vroue is onderskeidelik ernstig en matig beseer. Die man is vermoedelik ʼn senior beampte in die departement van toerisme. Die vermoede bestaan dat sy vrou en dié se suster in die aanval dood is.

Maroela Media het vroeër berig die polisie en beamptes van veiligheidsmaatskappye is omstreeks 00:30 na die toneel in Miasstraat in Garsfontein ontbied waar vyf mense tydens ʼn vermeende huisroof aangeval, vasgebind, aangerand en met skerp voorwerpe gesteek is. Bure het glo gille gehoor en hulp ontbied.

Drie verdagtes het vroeër die aand op die slagoffers toegeslaan en onder meer op bankkaarte aangedring om geld te onttrek. Volgens die veiligheidsmaatskappy ADT is ʼn noodoproep om 00:30 van ʼn naburige inwoner ontvang. Veiligheidsbeamptes van Accon Solutions was ook op die toneel.

“Twee reaksiebeamptes is na die toneel ontbied. By hul aankoms is vasgestel dat die hoofhek oop was. ʼn Voetgangerhek en die houtvoordeur van die huis het ook oopgestaan met tekens van gedwonge toegang,” het ʼn woordvoerder van die maatskappy aan Maroela Media gesê.

Die ADT-beamptes het in die huis ingegaan en op die slagoffers afgekom. Die twee vroue is deur paramedici van Netcare 911 dood verklaar. Netcare 911 het die man en twee jonger vroue na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het aan Maroela Media bevestig die drie verdagtes het met twee televisiestelle en die slagoffers se voertuig op die vlug geslaan. “Die voertuig is reeds met die hulp van ʼn opsporingsmaatskappy in Yeoville in Johannesburg opgespoor.”

Jones het gesê die polisie kan nog nie bevestig of die slagoffers almal familie is nie. Die polisie was teen middagete nog op die toneel en kon weens die slagoffers se beserings en trauma nog nie hul verklarings afneem nie.

Die Garsfontein-polisie ondersoek in dié stadium sake van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ADT werk saam met die polisie en verskaf soveel inligting moontlik. Die oorledenes se name kan nog nie bekend gemaak word totdat hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is nie.

ADT het die voorval as ʼn gruwelmisdaad bestempel en meegevoel teenoor die slagoffers se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

What a joke! ·

Totale anargie in numba 1 se lala sirkus land! Ai so sterke aan familie…

Bernadette Van den Berg ·

There was a video going around earlier today about 3 men trying to break into a property in Pretoria East, and the owner of the house was recording them… He coughed and they all 3 looked up into the camera then ran off… could this incident be linked… Innocent people are being brutally killed! For what purpose! Wat kry hulle daaruit… Here hou U beskermende hand oor ons land en mense.

Nugter Afrikaner ·

Of ons dit wil weet of nie, daar staan ‘n bloedige stryd ons voor die deur. Vergeet Angus en sy vertoning, vergeet Donald Trump ens. ens. Afrikaners, ons moet ons sondes as volk voor God Drie-enig bely en ons Gelofte opnuut weer herbevestig met Hom. En nadat dit gedoen is sal ons nie behaaglik kan terugsit nie en wag vir uitkoms nie. Nee, ons sal moet die stryd voer want God help diegene wat hulleself help. Net alleen met Godshulp sal ons anderkant uitkom maar dit gaan verseker nie sonder stryd wees nie. Word wakker, my volk!

foxi ·

Nugter afrikaner……met respek gesê…..watse sondes?
In sonde is ons gebore en in sonde sal ons heengaan.
Hierdie is n stryd vir elke-een van ons….ongeag jou ras….kultuur ensv. Ook sal hierdie donkerwolk nie sommer gou verbygaan nie…….daar is n tyd vir alles.
Geloof..hoop.. en liefde….maar dit skied tekord in die moderne wêreld.

E. Möller ·

Baie van ons het dit reeds gedoen en leef vreesloos en vol vertroue in God.

Cecilia. D Tjaden ·

Uiteindelik iemand met wie ek saamstem! Nugter Afrikaner baie dankie vir die kommentaar en mag dit so gebeur!
Miskien net byvoeg,oom Siener of was dit tannie Johanna? het gepraat van een verskriklike nag/dag waarin hulle gaan aanval met masjettas en dit gaan in Pretoria begin dan oorvloei na Johannesburg dan is dit n teken vir die res van die land.
Ons moet terug na ons God van die Gelofte in VAS en gebed,en ons lewens verander en total met sonde en afgode breek. Die ou vertaling – LEES! Ek voel sterk ons verdrukking kom in 3 fases: 1) verdrukking in werkplek (2) dan bloed in strate (3) dan sal die here sorg! in die 3 e fase, AS ONS BEKEER.
Help nie net om te bid nie, want God het alles reeds gedoen. Dis ONS wat nouons kant moet bring. Miskien is dit waarvoor die Here wag. Hy kan Sy Hand uitsteek en in een sekonde alles omkeer, Hy is almagtig.
Dankie MM dat julle daar is, geen maklike taak.
Here seen.

Martie Müller ·

Ons mense is op ons knieë, maar ek dink ons Bid nie opreg nie. Dankie Nugter Afrikaner.

Lizelda ·

Ek is so geruk deur hierdie berig omdat dit so naby aan ons gebeur het, so naby aan Hoerskool Garsfontein. Is dit werklik nodig om so brutaal te raak vir n paar elektroniese goedjies? Hoe besluit hierdie kriminele wie hulle volgende teiken gaan wees? My innige simpatie aan die slagoffers, hulle familie en vriende.

Willie ·

Mens sider om te dink die verkeerde tyd, regte plek, en dis jou beurt… wees paraat mense en wees op julle hoede… Hondjie in die huis, en weerstand op die bed Kassie…. Baie jammer vir die familie

Sonet Klopper ·

Dit is verskriklik. Mense moet paraat wees en inskakel by ‘n instansie soos concerned citizens. Dit is ‘n initiatief gedryf deur die gemeenskap vir die gemeenskap en is gratis. Met ‘n gratis twee rigting radio applikasie op jou foon het jy 24/7 kontak met moderators aan diens wat nood dienste uitstuur indien jy iets vermoed of in nood is. gaan gerus na http://www.concernedcitizens.co.za om te sien waaroor dit gaan. Dit is al hoe ons die geveg teen misdaad gaan wen, deur daar te wees vir mekaar.

Konrad ·

Oorweeg dit ook om by Agri forum aan te sluit. Uitstekende dienste,kyk gerus hul website.

Peet J ·

Gereeld word daar melding gemaak van die slagoffers wat met “skerp voorwerpe aangeval en dood gesteek ” ek sal graag wil weet of dit messe of spiese of assegaai is om ‘n duideliker beeld te te bekom.

Peet J ·

Nugter Afrikaner en foxi: Wens julle wil albei ontnugter word 1. daar bestaan nie ‘n drie-enige god nie 2.die mens wat God Almagtig geskape het is nie in sonde gebore nie.Gaan lees maar die Woord van die Almagtige God.

lynni ·

Afrikaner, dit is nie net Afrikaners wat gebuk gaan onder geweld nie. Van daai boere wat vermoor is was Engels. Jislaaik baie burgers kry swaar met al die geweld. Afgesien van taal. Lees foxi se kommentaar.

Alida ·

Wat maak dit saak wat doe voorwerpe was. Genugtig man die arme mense is dood. Hou op sinnelose kommentare lewer.

Winston ·

Weereens n sinnelose moord. Hoekom vermoor jy jou slagoffer as jy wil persone beroof? Op grondvlak gaan nie so omdat die topvlak lyk soos dit lyk. Geen afskrik middels bestaan vir misdadigers nie. Daar is talle ander stellings en vrae .Sterkte aan al die naasbestaandes. Ek hoop hulle word arresteer en skuldig bevind. As dit sal help.

André Lochner ·

Paraatheid is op vele vlakke is nodig.
In en óm jou eie huis met alarms of verklikkers sodat jy vooraf kan wéét daar is iemand in aantog.
‘n Stel skerp sekuriteitsligte wat jy met een enkele skakelaar vanuit jou bed kan aanskakel en wat elke moontlike donker kol op jou eiendom intens verlig.
Wees gewapend en wéét hoe om jou wapens te gebruik.
Kry opleiding en dan oefen en oefen en oefen jy!!
Ken jou regte as dit kom by beskermIng van huis en haard.
Wees jý as huiseienaar PROAKTIEF want ADT en SAPS is 9 uit 10 keer REAKTIEF!
Sluit aan by en ondersteun jou plaaslike GPF!
Wees waaksaam veral bedags indien jy verdagte optrede opmerk.
Neem foto’s en WhatsApp na jou GPF misdaadgroep.
Raak betrokke en voorkom só dat misdadigers vrylik bedags verkenning kan doen om dan snags goed ingelig hul misdaad te kan pleeg.
Bostaande is die MOONTLIKE wat jý kan en behoort te doen.

Nou BÍD JÝ tot GOD om die ONMOONTLIKE te doen en hy SAL dit doen!

WORD WAKKER MENSE WORD WAKKER!!

marous ·

Sommige van ons werk , om belasting te betaal dat die staat sy burgers kan beskerm. Gebruik jou wapen en jy word toegesluit. Basiese sekuriteit is nie beskostigbaar vir meeste mense nie.

Peet J ·

Natuurlik is dit uiters belangrik om te weet waaruit die skerp voorwerpe bestaan wat as moord wapens gebruik word. ‘n Mens moet nie net teen jou oogvelle vas kyk nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Laat installeer perimeter alarmstelsel om jou huis sodat jy altyd gewaarsku is WAAR iemand rondom jou huis is alvorens hy binne in die huis kan kom. Laat kamera’s installeer waarmee jy op jou selfoon kan sien wat in jou huis aangaan al is jy waar ookal. En daardieselfde kamera’s kan gestel word dat jou kinders/vriende ook kan inskakel op jou huis en sien wat daar aangaan. Dis ‘n eenmalige uitgawe en jy betaal GEEN maandelikse lidmaatskap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.