Drie verdagtes nou vas ná moord op toeris

Ivan Ivanov en sy vrou, Tina.

Die polisie in die Wes-Kaap het Woensdag nog twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op die 44-jarige toeris Ivan Ivanov.

ʼn 24-jarige verdagte is Woensdagoggend by die Houtbaai-hawe in hegtenis geneem. Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Later die middag is ʼn 27-jarige verdagte in hegtenis geneem. Hy sal ook binnekort in die hof verskyn.

Die ander verdagtes in die saak het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn. News24 het toe berig Sinaye Mposelwa was uit op parool toe die moord gepleeg is. Die saak is tot 21 Augustus uitgestel.

Mposelwa is Saterdag kort ná die moord deur lede van die buurtwag in hegtenis geneem.

Ivanov het Saterdagoggend in die Tafelberg Nasionale Park in Houtbaai gestap toe hy omstreeks 11:00 deur drie mans naby die Oos-Fort aangeval is.

Ivanov is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek voordat die verdagtes met sy rugsak met sy persoonlike besittings daarin op die vlug geslaan het.

Ivanov se skoonsuster, net bekend as Dina, het vroeër in ʼn brief haar dank teenoor die Houtbaai-gemeenskap uitgespreek vir hul hulp om een van die verdagtes vas te trek.

Sy het gesê Ivanov was ʼn liefdevolle man vir haar tweelingsuster, Tina, en ʼn wonderlike pa vir sy drie kinders, Glen (20), Taisia (11) en die tweejarige Makar.

“Hy was hardwerkend, het drie grade gehad en vier tale vlot gepraat.” Ivanov was tydens sy dood op ʼn sakebesoek aan Suid-Afrika en het die land volgens berigte al by twee vorige geleenthede besoek.

Hy het saam met sy gesin in Genève, Switserland, gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sybrand ·

Die hele werl moet sien wat die #ANC en #EFF in die land aan hits

Johan Swart ·

Waar is ou CNN , MSNBC ,CBS , BBC, THE ADVISE SHOW, almal nou …..nou hoor ons niks meer van Suid-Afrika op die internasionale nuus nie…is ons land dan nou n verleentheid vir die “Nuwe Wêreld” ?

J ·

Ek het die Kaap geken voor 1990. Daar was toe bittermin (indien enige) plakkerskampe. Ná 1990 is daar in die Hexvallei gereeld lorries gesien wat ‘vragte’ mense vanuit Oos-Kaap, Zimbabwe, ens aanry en hulle net daar los met ‘n nuwe ANC T-hemp en beloftes van werk en rykdom. Die arme boere moes dit ontgeld in die vorm van diefstal, aanranding en besoedeling van die Hexrivier en al sy sytakke wat die uitvoerdruiwe se wingerde voed. De Doorns se munisipaliteit was hopeloos te klein om hierdie onnatuurlike bevolkingsontploffing te akkommodeer, en by dit boon-op ook nog ‘n vreemde kultuur en taal se mense. Dié vreemdelinge se getalle het bly toeneem en versprei na ander dorpies soos Houtbaai. Dit is waarom die eens pragtige dorpie Houtbaai, wat eens ons gunsteling viskoop-dorpie was, nou ‘n besoedelde Hawedorp van Moord en Roof geword het. Donker Afrika kom al hoe nader aan ons. Die bose geeste volg hulle, en begin alles wat eens mooi en trots was, versmoor. My vraag is: Hoe bring ons wat in die Kaap gebore is en die provinsie liefhet, weer die Lig terug?

Nettie ·

@J – jy moet sien hoe lyk die Hexriviervallei NOU!!! Jy sal tot in jou beendere geskok wees. Wat eens net die “Government Kamp” (GG kamp ) was vir mense wat aan die dam-projek gewerk het, is nou ‘n MASSIEWE informele kamp en by De Doorns (eintlik De Doorns Oos), is daar nóg ‘n groter informele kamp, Stofland, opgerig. Dis al groter as die dorpie self. Boere het vroeër jare mense van “bo” in die land af ingery vir die seisoenwerk, want – soos een boer eendag vir my gesê het – die Kaapse mense is te lui om te werk, want hulle trek net pensioene. Die mense van “bo” in die land is gretig om te werk, want hulle is arm en kén van hongerly. Probleem is nou net: daai mense het gebly en verder het die ANC stemmers ‘ingevoer’ van die Oos-Kaap en ander Afrikalande af (ek het met my eie oë gesien hoe oorlaaide taxi’s mense aflaai by die kamp naby my huis). Nou wat verwag mens dan???

Bekommerd ·

As dit so aangaan gaan dit n geweldige knou vir toerisme wees. Mense praat oor die hoe misdaad in SA.
Ek as n x Suid Afrikaner woon in Namibia en is bang om in SA vakansie te hou.
Die regering sal iets moet doen.

ne ·

Switserland moet ook nou begin boikot! Nie eers die goed toelaat vir konferensies nie!

Nugter ·

In hierdie geval sal net die doodstraf regverdig wees. Terregstelling.

Amelia ·

Ek skaam my dood ……Hoekom,hoekom doen die mens dit?????WAAR GAAN DIT EINDIG??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.