Drie verdagtes ontsnap uit aanhouding

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op soek na drie mans wat die naweek uit die Belfast-polisiestasie ontsnap het.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans het Saterdag tussen 17:00 en 17:40 ontsnap. Volgens Hlathi het beamptes by die stasie skofte geruil waarna daar opgemerk is die verdagtes het ontsnap.

Die drie mans was saam met nog ʼn verdagte in ʼn sel aangehou en het laasgenoemde vasgebind voor hulle gevlug het. Hulle het ʼn gat in die sel se staaldak gesny en daardeur ontsnap. Die drie verdagtes is Skhumbuzo Mthethwa (21) wat vir diefstal in hegtenis geneem is, Lucky Sibuyi (24) wat vir gewapende roof in hegtenis geneem is en Petros Mamaru (24) wat vir moord in hegtenis geneem is.

Hlathi het gesê ʼn interne ondersoek is van stapel gestuur om die omstandighede rondom die ontsnapping te probeer vasstel.

Enigiemand met inligting kan kapt. Owen Dibakoane skakel by 082 318 9536 of 013 243 1214.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snip ·

ek ruik n rot. waar kom die gereedskap om die gat te sny vandaan, nee dit is na my mening weer die “inside story”

HEVW ·

Snip heeltemal reg. Ontsnapping uit gevangenisse raak nou te algemeen.Hoe is dit dan niemand die helse geraas kan hoor nie. Slaap hulle dan almal? Hulle is tog veronderstel om deurentyd met skofte aan diens te wees en wakker te wees Dit is beslis n stink rot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.