Drie verdagtes ontsnap uit polisievoertuig  

boeie 2

Argieffoto.

Drie verhoorafwagtende gevangenes het Dinsdag uit ʼn polisievoertuig in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo ontsnap.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê 13 gevangenes is vir hofverrigtinge van Pretoria na Modimolle vervoer toe die drie ontsnap het.

“Daar word vermoed dat een van die gevangenes in besit was van ʼn klein saag en ʼn mes. Hy het die ander gevangenes gedreig om stil te bly en deur die gaas voor die venster van die agterdeur van die voertuig gesaag,” het Otto gesê.

Sy het gesê die voertuig het gestop om na Modimolle te draai, toe die drie uit die agtervenster ontsnap en weggehardloop het.

“Die ander gevangenes in die voertuig het nie ontsnap nie.”

Die voortvlugtendes is geïdentifiseer as Jekanuika Vurayayi en Alex Matayaya, wat albei tereg staan op aanklag van gewapende roof, en Edson Chuma, wat wees huisbraak in hegtenis geneem is.

“Die ontsnapping word ondersoek. Daar word ook ondersoek hoe die gevangene in staat was om in besit van die saag en mes te wees,” het Otto bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anton Smit ·

Maklik dit is tien teen een deur bewaarders voorsien voor hulle die gevangenie verlaat het en die sap lede was te dom om dit agter te kom of het saam gewerk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.