Drie verdagtes vas ná uitlanders se winkels geplunder is

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans het Woensdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn in verband met die plundery van uitlanders se winkels.

“Die mans is Maandag deur die loop van die aand in hegtenis geneem terwyl hulle uitlanders se winkels in Atteridgeville geplunder het,” het kapt. Bonginkosi Msimango, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die mans, onderskeidelik 20, 34 en 36 jaar oud, het in die hof verskyn op aanklag van sakeroof. “Hul aansoek om borgtog is afgekeur en hulle bly in aanhouding.”

Die mans moet Donderdag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

h ·

Miskien sal hulle nou terug na hulle eie land gaan. Minder wat vir anc stem.

Nico K ·

Nee, hierdie plundering van vreemdelinge se winkels is net ‘n verskoning deur kriminele. Dat hulle vreemdelinge is het niks daarmee te doen Hoekom begin SA burgers nie self sulke winkels nie. Vroeër jare was alle kafees deur Portugese en Grieke bedryf. Ons het nie hulle winkels gaan plunder nie. (Hoewel dit klink vermy asof baie Maroela lesers laag genoeg sou gedaal het om dit te doen.)

Cherokee ·

Ek stem saam Nico. Hier is selfs kommentare wat genoegdoening daaruit put sonder om te besef dat die inbrekers lokale swartes is wat inbreek maak op buitelanders wat nie bedel nie maar vir ‘n inkomste werk. Ethiopiërs wat ‘n supermark besit op grond waar ons regte deel, het geen tyd vir lokale swartes nie weens vreemdelinge haat. Hulle het uit Ethiopië en ander lande ‘n swart regering gehelp aan bewind stel maar hulle kry stank vir dank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.