Drie verdrink in dam

Water_surface_lakeDrie mense het laat Saterdagmiddag in die Inandadam naby Hillcrest, KwaZulu-Natal verdrink.

Volgens paramedici van ER24 is hulle na die toneel ontbied om bystand te lewer in die reddingsoperasie. “Met hul aankoms het paramedici en reddingspanne gepoog om die slagoffers te red, maar was onsuksesvol as gevolg van die ligging van die slagoffers.” Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was op die toneel om die liggame van die oorledenes uit die water te haal. Volgens ooggetuies het drie mans op die damwal gesit en visvang toe een van die mans glo gegly en in die dam geval het. Die ander twee mans het agterna gespring en self in die moeilikheid beland. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.