Drie verdrink in George-dam

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Drie mense, insluitend twee kinders, het Sondag in ʼn dam in George in die Wes-Kaap verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Craig Lambinon, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 26-jarige man, ʼn 13-jarige meisie en ʼn negejarige seun het vroeër die dag aan die suidwestelike deel van die dam vermis geraak. Hulle liggame is deur reddingsduikers gevind en hulle is op die toneel dood verklaar.

“Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen en dit is nog nie bekend wat tot die tragedie gelei het nie,” het Lambinon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wonder net ·

Drie mense, insluitend twee kinders = 5
Drie mense, waarvan twee kinders is = 3

Of is ek verkeerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.