Drie verdrink tydens doopseremonie

Argieffoto

Twee jong mans en ’n vrou het die naweek tydens ʼn doopseremonie naby Bethlehem in die Vrystaat verdrink.

Die oorledenes, almal tussen 24 en 25 jaar oud, was kerkgangers van Botshabelo naby Bloemfontein wat na die Liebenbergvlei-rivier gegaan het om gedoop te word.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se liggaam is reeds uit die water gebring. Die mans se liggame kon egter teen Sondagaand nog nie opgespoor word nie. Die soektog na die mans moes vroeër die dag afgelas word weens gure weer en sterk strome.

Maroela Media het vroeër berig ’n jong Vrystaatse seun het Sondag in ’n gat vol reënwater in Welkom verdrink nadat hy en drie maats gaan swem het.

Makhele sê die seun was 14 jaar oud.

Die polisie is besig met ’n geregtelike doodsondersoek.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, doen ’n beroep op die publiek om versigtig te wees wanneer hulle in damme of riviere swem, veral na swaar reën.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.