Drie verhoor vir moord op Belgiese sendeling

Eerw. Joseph (Jeff) Hollanders (83).

Drie mans het Maandag in die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes verskyn in verband met die moord op eerw. Joseph (Jeff) Hollanders (83).

Hollanders se liggaam is op 13 Januarie 2020 in sy huis op die kerk se perseel in Bodibe, naby Lichtenburg, gevind.

Hy is vermoedelik die Sondagmiddag in sy huis oorrompel, kort nadat hy van ʼn kerkdiens teruggekeer het. Sy hande en voete was vasgebind, maar daar was geen sigbare beserings aan sy liggaam nie. Hy is verwurg.

Thabang Maseko (24), Mongezi Molefe (27) en Nicholus Tlhapi (26) word van die moord op Hollanders aangekla en hul verhoor het Maandag, meer as ʼn jaar ná die moord, uiteindelik begin. Hulle is reeds kort ná die moord in hegtenis geneem.

Volgens Henry Mamothame, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die staat se eerste getuie Maandag getuig dat Maseko hom en vyf ander genader het om ʼn rooftog by die kerk uit te voer aangesien hy glo gesien het dat Hollanders geld het. Hy het verder getuig dat Maseko bekend was aan Hollanders. Die verhoor duur voort.

“Dit is bose mense dié wat ʼn ou, weerlose man aangeval het. Hulle moes geweet het hy het nie geld nie, hy dien arm gemeenskappe. Elke sent wat hy gehad het, het hy vir sy mense gebruik; hy het alles weggegee,” het biskop Victor Phalana, wat die bisdom in dié streek behartig, destyds ná die moord aan Maroela Media gesê.

Phalana het gesê Hollanders het moontlik geglo hy is veilig omdat hy so nou betrokke in die gemeenskappe was. “Hy was deel van mense se lewe. Ons land het ʼn punt bereik waar daar geen respek meer is vir lewe, vir die kerk, of vir ʼn man van God wat oud en weerloos was nie.

“Hy het huwelike voltrek, kinders gedoop en begrafnisse behartig. ʼn Mens wil hê hy moes met meer waardigheid gesterf het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tiptol ·

‘n Moord in ons land is so algemeen, dit trek nie eers meer aandag nie. Maak ook nie eers meer saak hoe wreed dit gedoen word nie. Dit het deel geword van ons alledaagse lewe. As ‘n swart persoon dood gaan aan die hande van ‘n wit persoon is die hele wêreld op hol. Ons wêreld is op sy kop.

Kokerboom ·

Hierdie is net die gevolg van ‘n “wasted generation” (verwys na ouderdomsgroep) agv ANC beleid

Boer ·

Victor Phalana het dit mooi gestel in die Hof “Ons land het ʼn punt bereik waar daar geen respek meer is vir lewe, vir die kerk, of vir ʼn man van God wat oud en weerloos was nie.” Ook dat die oom die gemeenskap gehelp het. Jy kry my respek Victor. Daai drie wat die moord gepleeg het moet maar vrot in die tronk.

Anoniem ·

Selfs die Voortrekkers het besef dat jy Afrika nie met die Bybel onder die arm kan tem nie, die roer moet ook in die hand wees.

Keith ·

Wat nou in ons land aangaan laat my dink aan die dokumentere film “Africa Addio” uit die sestigerjare. Also called “Africa: Blood and Guts”, and a very disturbing documentary, but not suitable for sensitive viewers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.