Drie verhoorafwagtendes ontsnap uit polisieselle

Argieffoto

Die polisie in Tubatse buite Burgersfort in Limpopo is op soek na drie verhoorafwagtende gevangenes wat Maandagoggend uit die polisie se aanhoudingselle ontsnap het.

“Polisiebeamptes het omstreeks 06:30 ʼn harde geluid by die selle se deur gehoor en vinnig reageer,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Drie gevangenes het egter reeds deur die dak van die oefenkamer ontsnap.”

Die drie verhoorafwagtendes is:
– Sandile Emmanuel Lebambo (31) wat in hegtenis geneem is op aanklag van verkragting, huisbraak, diefstal en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike beserings aan te rig;
– Simon Mokone (23) wat in hegtenis geneem is op aanklag van roof met verswarende omstandighede, die besit van ʼn vuurwapen sonder ʼn lisensie en die besit van gesteelde goedere; en
– Tumelo Vincent Kgoedi (28) wat in hegtenis geneem is op aanklag van moord en poging tot moord.

Ngoepe het gesê die omstandighede rondom die ontsnapping word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

willie ·

Dit klink tog na te maklike ontsnapping, was daar dan nie sel besoeke nie? Net ñ geluid en hulle is weg dan vra ons is ons polisie paraat! Belaglik verby en ons onskuldige burgers ly daaronder tenspyte van ons duur belasting en lewensverliese!

Alida ·

Wat wil hulle ondersoek? Die mense ontsnap onder hulle neuse. Dit gebeur al te dikwels.

SjN ·

Die harde geluid het die beamptes seker wakker laat skrik, geen rondtes was gedoen.

Sarel swartbrand ·

Dit is nie meer nuuswaardig nie net nog n klad op n eers trotse gedissiplineerde departement wat nou verval het na n belasting vermorsing ongedissiplineerde grap.

Riouna Martin ·

Dit is iets wat nogal baie gebeur! En dan moet ons hulle nog onderhou om belaglike belasting te betaal. SA sal nooit weer kan herstel nie te veel skade en te veel toue is al oor getrap daar sal nie meer beheer kan kom nie! DIS VERBY!

Isabel ·

Ek wonder nou net….. hoeveel mense gaan nou weer seer kry of dood gemaak word voor hulle weer gevang word.

christa ·

geen rondtes is gedoen nie. Seker lekker geslaap anders sou hulle gesien het waar gepeuter was voor die skurke ontsnap het. Dalk was daar hulp gewees om te ontsnap. Slaap rustig voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.