Drie verhoorafwagtendes ontsnap uit tronk

jail_barsDrie gevangenes wat tereg staan op aanklagte van moord het uit die Queenstown-gevangenis in die Oos-Kaap ontsnap.

Die departement van korrektiewe dienste sê Siyabonga Maqungo (22), Anele Baraza (24) en Mziyanda Muleka (35) het omstreeks 9:30 Saterdagoggend ontsnap.

Die drie gevangenes is op 10 Junie na die tronk geneem nadat hulle op aanklag van moord in hegtenis geneem is. “Die departement is besig met ‘n ondersoek om vas te stel hoe die drie ontsnap het.”

Die departement het intussen ‘n saak van ontsnapping aanhangig gemaak en werk saam met die polisie om die drie weer vas te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Sjoe!!! Die misdadigers in ons gevangenisse, laat Prison Break na ‘n sprokiesverhaal lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.