Drie gevangenes wat tereg staan op aanklagte van moord het uit die Queenstown-gevangenis in die Oos-Kaap ontsnap.
Die departement van korrektiewe dienste sê Siyabonga Maqungo (22), Anele Baraza (24) en Mziyanda Muleka (35) het omstreeks 9:30 Saterdagoggend ontsnap.
Die drie gevangenes is op 10 Junie na die tronk geneem nadat hulle op aanklag van moord in hegtenis geneem is. “Die departement is besig met ‘n ondersoek om vas te stel hoe die drie ontsnap het.”
Die departement het intussen ‘n saak van ontsnapping aanhangig gemaak en werk saam met die polisie om die drie weer vas te keer.
Sjoe!!! Die misdadigers in ons gevangenisse, laat Prison Break na ‘n sprokiesverhaal lyk.