Drie verkeersbeamptes vas vir korrupsie

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Drie beamptes van die Gautengse verkeerspolisie is Vrydagoggend vir korrupsie in hegtenis geneem.

Volgens die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid was die drie beamptes verbonde aan die Langlaagte-verkeersdepartement in Johannesburg.

“Die drie is in hegtenis geneem in verband met omkopery ter waarde van nagenoeg R9 000. Die geld is in hul besit gevind nadat die Valke ʼn lokval vir hulle gestel het,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die inhegtenisnemings volg in samewerking met die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid en Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC).

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die inhegtenisnemings verwelkom en die rolspelers geprys.

“Ek het nog altyd gesê ons sal streng optree teen enige beampte wat onwettige praktyke pleeg. Vandag se inhegtenisnemings sal ʼn streng boodskap uitstuur aan ander beamptes wat hulself aan korrupsie wil skuldig maak,” het Nkosi-Malobane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Petro ·

Kan die verdompde mense nie net ophou met hulle skelmheid nie maar nou as jou land se president nie genoeg kan kry volg hulle seker maar sy voorbeeld

Willie ·

As die verdomde mense ophou “bribes” betaal sal die skelmstreke ophou, of nie?

Nico van Niekerk ·

Om nie toe te gee aan bribes nie, Willie, is sekerlik die korrekte ding om te doen. Maar as jy jou voor ‘n persoon bevind met die gesag van die wet in sy hande, wat enige leuen oor jou kan gebruik om jou te vervolg omdat jy nie sy drang na geld en bedrog wil bevredig nie, dan begin die prentjie meer kompleks te raak, veral as jy jou vrou en klein kinders in die gedrang het.

Meeste mense sal die honderd of so oorhandig wetende dat hy daardeur sy gesin wie-weet-watter onheil laat ontsnap het. En die boosdoener besef dit.

Die regering moet hierdie tirannie teenoor die publiek uitroei.

Dis ‘n heel ander gesprek.

GES ·

ʼn Eerbare beampte behoort die oortreder wat ʼn “bribe” aanbied ook daarvoor beboet. Ongelukkig kan meeste van hulle nie wag om ʼn “bribe” in ontvangs te neem.

Swartkat ·

In Gauteng is daar baie van hierdie manne van die gereg wat bonusse so langs die pad verdien .As hulle jou stop moet daar net ‘n blou noot of twee in jou ID wees en hulle los die boete uit . Hulle is ook nie goedkoop nie en soek nie kleingeld nie. Baie goed dat die skuldiges vas gevat word.

Piet ·

Nico,ek strem 100% saam jou.wees maar vriendelik en bt 100 r,en al hul arrogansie en rasisme verdwyn…..die mag van geld darm

Michael ·

My opinie is die meerderheid van die verkeers polisie is korrup en vat omkoopgeld.

anton ·

As mense nie die pad wette en reels oortree nie, sal dit nie nodig wees om n boete te kry of dan n ”bribe” hoef te betaal nie!
As hulle jou valslik wil beskuldig van iets, dan het jy mos jou vrou en kinders by jou wat die waarheid sal kan getuig of hoe?
Mens moet nie bang wees om hulle aan te vat as jy weet jy nie verkeerd was nie!!!

Wessel ·

Moenie jou lisensie n jou beursie of wallet hou nie. Die oomblik as hulle sien dat daar geld daarin is, begin hulle met hulle “bribes”.

Pieter ·

En as hulle die geld in jou beursie sien. ?Dan is die betaler wat die bribe aanvaar net so skuldig om die offer te betaal?!
So Dan is altwee skuldig mos.
…geen rasse kaart hier nie..
As jy oortree het gaan betaal die boete en kry klaar…moenie n deur oopmaak vir korrupsie om omkoopgeld te aanvaar nie..dan is jy net so korrup..

Marius ·

Mense kan nie verstaan hoekom ek boos raak as hulle met smaak vertel hie hulle die beampte R100 gegee het en met hulle oortreding wat hulle baie meer geld sou gekos het weggekom het nie. Ons kinders is minder veilig in ons motors omdat mense die wet kan oortree en dit dan kan laat weggaan met ‘n geldjie. Die verkeersbeampte is net so korrup soos wat die korrupte bestuurder hom toelaat om te wees. Hulle lag lekker in hulle mou as hulle sien hoe maklik blankes met hulle sogenaamde hoër waardes net so korrup is. Wonder hoeveel mense wat hierdie lees dit al gedoen het want nugter weet amper elke tweede ou het ‘n lekker braaivleis omkoop storietjie.

Dirk ·

As ons wil kla oor Zuma se korrupte praktyke dan moet ons orals wys dat ons die morele hoë grond het en nie net wanneer dit ons pas nie. Jy ontneem jouself van enige geloofwaardigheid as jy omkoopgeld betaal en jy moet dan maar stilbly oor ons korrupte oompie Zuma.

Gys ·

Koop n kamera vir jou voertuig wat als kan opneem . Dit slaan korupsie vinnig hok.

Zoro ·

Ja dis tragies – soms kan jy verstaan hoekom omkopery plaas vind – 95% van kennisgewind word wederegtelik uitgeruik regilasies en artikels stem nie saam met die beskrywing van klagtes nie –
waarvan die aanklaers verplig word deur munisipaleteite om nie sake terug te trek nie maar kyk Wat hulle uit vertoës kan maak – verkeershoofde wat nie opgelui is met byvoorbeeld vereistes van spoedtoestelle nie het n se in vervolging – die publiek word gedreig met opsluit – die hele stelsel is vrot – 75 % van foutiewe kennisgewinds hoort nie eens op die hofrol nie munisipaleteithowe is n broeie van alle onheil – self’s klerke hou hulle lywe aanklaers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.