Drie verkool in botsing: ‘Dit was gruwelik’

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is Saterdagoggend dood in ʼn gru-botsing tussen ʼn motor en ʼn bakkie op die R61 naby Shelly Beach in KwaZulu-Natal.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat, het gesê ʼn bakkie en ʼn BMW het gebots. Volgens Mngomezulu was die twee insittendes van die bakkie en die bestuurder van die BMW in hul voertuie vasgekeer.

Die voertuie het ná die botsing aan die brand geslaan en die insittendes het doodgebrand. Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die brande is deur die Hibiskuskus-brand-en-reddingseenheid geblus. “Dit was gruwelik. Die voertuie is vermorsel.”

Mngomezulu het gesê die R61 is gesluit en verkeer word via die N2 herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois ·

Weereens KwaZulu-Natal!!! Wat gaan in daai plek, het niemand daar bestuurslisensies nie? Lyk my nie so nie. Seker almal gekooptes.

Pierre Celliers ·

As jy nie kan bestuur nie is die boete die hoogste tol!

johan ·

Julle is reg ek was verlede Desember daarso en glo my hulle ry net oor stop strate en rooi verkeersligte. Daar is geen maar geen respek in die padreels nie. Ek kon dit nie glo nie ook in Durban in Morningside het vrag motor langs ons op enke pad verby gesteek en ek moes net ddogewoon stop anders het ons he’ll toe gery. Jy voel of jy die persoon hy motor kan ruk en verurg. Maar glo in Pretoria gebeur dit baie Stormvoel straat ry hulle oor daardie Rooi vekeersligte of hulle groen is en middae ry die taxi’s op die sypaddjies as die verkeer staan en daar word niks gedoen nie.

Kappi ·

Is julle ernstig?! DRIE mense is DOOD, en julle staan en try dit regverdig… Sjoe. Nee okay dan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.