Drie verkool in N2-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is Woensdagoggend dood nadat die motor waarin hulle gery het teen ʼn vragmotor gebots het op die N2 naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing omstreeks 00:30 naby die Shell-vulstasie voor Richardsbaai plaasgevind. Die motor het aan die brand geslaan na die botsing. Die drie mense was in die motor vasgekeer en het verkool.

Botha het gesê die vragmotor het ook aan die brand geslaan. Die bestuurder kon daarin slaag om te ontsnap en is nie beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Selfoon dalk die oorsaak. Glo my, jul sal koue rillings kry oor wie om jou op whatsapp is. Die ondersoeke na ongelukke moet onmiddelikke die bestuurders se “selfoon staat” op daardie oomblik insluit, dalk word ons dan wakker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.