Drie verkool na trompop botsing

ER24-ambulans Foto: ER24

ER24-ambulans Foto: ER24

Vier mans is Sondag in ʼn ongeluk op die R43 by die Weltevrede-afrit in die rigting van Tulbagh in die Wes-Kaap oorlede.

“Die twee motors het mekaar reg van voor getref en een van die voertuie, met drie insittendes, het aan die brand geslaan,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die brand- en reddingsdiens het die brand geblus, maar daar was niks wat paramedici verder vir die persone in die motor kon doen nie.”

Een man, vermoedelik in sy 50’s, wat in die tweede motor gery het, is ook dood. “Hy het verskeie beserings opgedoen,” het Bodasing gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Daar moet ernstig na die toepassing van padregulasies gekyk word. Die ongelukke op ons paaie begin handuit ruk!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.