Drie verkragters van die Oos-Kaap sit lank

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

Oos-Kaapse speurders se harde werk het vrugte afgewerp toe drie verkragters saam vyf lewenslange vonnisse en 20 jaar tronkstraf opgelê is.

“Die drie beskuldigdes, tussen 24 en 28 jaar oud, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis op verskillende verkragtingsvoorvalle. ʼn 15-jarige minderjarige is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 48-jarige vrou,” het kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, gesê.

Vuyani April (28) van Fort Malan Mission-plakkerskamp in Willowvale, het die huis van ʼn 20-jarige slagoffer betree, haar na ʼn nabygeleë verlate huis gesleep en haar verkrag.

Zolani Matikinca (24), ook van Fort Malan Mission, het ʼn 21-jarige vrou uit haar huis gedwing en haar verkrag.

April en Matikinca is in hegtenis geneem en in die Willowvale-streekhof tot lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende ses jaar elk gevonnis, het Tonjeni gesê.

Lubabalo Sabhawu (27) van Elliotdale, wat as ʼn profeet bekendgestaan het, het drie slagoffers, tussen 15 en 16 jaar oud, op verskillende geleenthede verkrag. Hy is in hegtenis geneem en drie lewenslange vonnisse opgelê.

Banele Maka van Kwenxura, Mqanduli, wat tydens die oortreding 15 jaar oud was, het in 2019 ʼn 48-jarige vrou verkrag. Hy is in hegtenis geneem en tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

” Drie Lewenslange Vonisse” ….wat jy waar kry…nie in SA nie. 75jr vonnis word in 20 tot 25jr uitgedien

KB ·

Ag, en net voor ‘n verkiesing word hulle “begenadig”, vrygelaat, en dan begin die probleme van voor af.
Die SA-regstelsel word ‘n verleentheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.