Drie vermeende mensehandelwerwers vasgetrek

Argieffoto

Drie sogenaamde “werwers” is vandeesweek in hegtenis geneem vir verskillende gevalle van mensehandel waartydens slagoffers oor provinsiale grense geneem is.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê Leandre Meryl Williams Ayuk (35) het Woensdag in die Springbok-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn kort ná haar inhegtenisneming nadat sy glo niksvermoedende slagoffers vanaf Springbok na Kaapstad vir haar man, Edward Ayuk, gelok het.

“By hul aankoms [in Kaapstad] is hulle in ʼn lewe van dwelms en prostitusie gedwing. Twee slagoffers kon daarin slaag om te ontsnap en terug huis toe te keer,” het Nkwalase gesê.

Edward Ayuk is in September 2017 vir ʼn soortgelyke oortreding in hegtenis geneem. Twee vroue, onderskeidelik 16 en 29 jaar oud, is met sy inhegtenisneming uit Edward se huis in Brooklyn in Kaapstad gered.

Twee ander beweerde werwers, Vincent Ndidi Onyejekwa (39) en Uche Henry Ezenwa (35), het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn, ook kort ná hul inhegtenisneming.

Onyejekwa en Ezenwa was glo die werwers in mensehandelsake wat in Bellville en Milnerton ondersoek word.

Twee slagoffers is in dié sake van Johannesburg na Kaapstad gelok met die beloftes van winsgewende werksgeleenthede.

Die drie se sake is na onderskeidelik Kaapstad en Bellville oorgeplaas.

Ayuk en Ezenwa se sake sal 17 en 18 September in die streekhof in Kaapstad voorkom terwyl Onyejekwa 18 September in die Bellville-streekhof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marie ·

Die polisie beveel ons om nie sake aan te meld op sosibetreffend kinderontvoering nie. Hier is duidelike bewys dat kinders en eintlik almal ontvoer word, vir orgaanhandel en slawehandel.Wees wakker, bv. moenie fotos van jou kinders op Facebook sit nie.

Marie ·

Die polisie beveel ons om nie sake aan te meld op sosiale media betreffend kinderontvoering nie. Hier is duidelike bewys dat kinders en eintlik almal ontvoer word, vir orgaanhandel en slawehandel.Wees wakker, bv. moenie fotos van jou kinders op Facebook sit nie.

Nettie ·

@Marie – dis reg, Die Polisie vra ons mooi om nie die dam onder die eend se agterent uit te ruk en op sosiale media te kere te gaan en elke geval waar ‘n volwasse man/vrou agter ‘n kind aanloop, aan te meld as ‘n “ontvoering in proses” nie.

Mense moet DINK wat hulle op sosiale media pos. Of dit feit of fiksie is en of dit nodig is en nie dalk iemand aanstoot gaan gee of – nog erger – teen die wet is nie!

IK ·

Sept. 2017 is Ayuk in hegtenis geneem. Ons is nou al ‘n jaar later en hy gaan voort met sy misdade!! Nou hoe werk die regstelsel!? Nogal snaakse vanne ook?

Nadia ·

OOOOOH JINNE!!!! Die mense raak sieker by die dag… laat my dink aan Gert van Rooyen

E.K. die eerste ·

Ek mag verkeerd wees maar die vanne klink vi rmy Nigeries…en ons weet waary hul als betrokke is al mag ons dit nie altyd sê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.