Drie vermeende renosterstropers vas

Foto: Verskaf.

Die polisie in Limpopo het drie vermeende renosterstropers vasgetrek en beslag gelê op kontant en dele van renosters.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie, onderskeidelik 25, 39 en 49 jaar oud, is Vrydagaand in die Hoedspruit-polisiëringsgebied naby Phalaborwa in Limpopo vasgetrek tydens ʼn padblokkade op die R40.

ʼn Motor wat vinniger as die spoedgrens gery het, is afgetrek en daar is R200 000 kontant, en ʼn oor, ʼn neus en ʼn stert wat vermoedelik aan ʼn witrenoster behoort in die motor aangetref.

Daar is beslag gelê op dié goedere.

“Een van die verdagtes was uit op R5 000-borgtog vir ʼn ander saak van renosterstropery,” het Ngoepe gesê.

Die drie sal Maandag in die Hoedspruit-landroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bok ·

Stroppers sal nie ophou voor al die diere uitgeroei is nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.