Drie vermeende stropers doodgeskiet

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Drie vermeende renosterstropers is doodgeskiet en drie verdagtes is die afgelope week in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

“Een verdagte is Maandag in die Phalaborwa-deel van die wildtuin doodgeskiet,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, in ʼn verklaring gesê. “Twee verdagtes het gevlug.”

Drie vermeende stropers is Woensdag in die Laer Sabie-deel van die park geskiet en gewond. “Hulle is onder polisiebewaking in die hospitaal,” het hy bygevoeg.

Twee vermeende stropers is Donderdagaand tydens twee verskillende voorvalle in die Pretoriuskop-deel doodgeskiet. Vier verdagtes het gevlug.

“Daar is beslag gelê op jaggewere, ammunisie en stroperytoerusting,” het hy gesê.

Volgens Thakhuli was daar ʼn toename in die aantal kontak met stropers in 2014. “Altesaam 164 vermeende stropers is sedert die begin van die jaar in die wildtuin aangekeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JZ Myburg ·

Pragtig ,moet nievang nie skiet net en laat le om te verrot soos hulle met die renosters maak..

Dave ·

Maroela, jule sal nie weet hoe dik ons is vir die woord ‘vermeende’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.