Drie vermeende stropers vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Drie vermeende renosterstropers is oor die naweek in die Krugerwildtuin aangekeer.

“Een persoon is Saterdag in hegtenis geneem en die ander twee is Sondag aangekeer,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANparke, in ʼn verklaring gesê.

Thakhuli het gesê ʼn tweede persoon het Saterdag tydens die voorval ontsnap.

Wildbewaarders het beslag gelê op jaggewere, ammunisie en gereedskap wat vir renosterstropery gebruik word.

“Daar was vyf verdagtes betrokke in Sondag se voorval,” het hy bygevoeg. “Twee is in hegtenis geneem, maar drie persone het ontsnap. ʼn Volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.”

Thakhuli het gesê dit is duidelik dat proaktiewe optrede werk en hulle is dankbaar daar was geen lewensverliese tydens die voorvalle nie.

Intussen het twee werkers by die wildtuin Woensdag in die Witrivier-landdroshof verskyn in verband met renosterstropery. Die werkers is nie wildbewaarders nie. Die saak is tot 16 April uitgestel vir verdere ondersoek. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tinus ·

Ek is so bly mense vang hulle ek wil graag betrokke raak en help op stropers te vang

Monica ·

Ek is baie ly Al’s is nie verniet om ons renosters vir ons nageslag te kan wys en om die vyfgroot dit is mos hoe kom ons wild kyk alle sterkte voorentoe net hoe gatiing vir julle werk dankie vir julle mooi werk om ons wild te bewaar liefde groete groot nature lieheber.

kobus ·

Hi daar, ek wil nie hieroor “comment” nie! Ek wil eintlik hoor of iemand van julle dalk weet waar n jong man soos ek met geen wild ondervinding dalk werk kan kry as n renoster oppasser! Ek is bereid om my lewe te gee om hulle te red! Gee my net n geweer en n salaris om vir my vrou, kind en ongebore kind te kan sorg, ek sal strikke soek en vernietig! Ek sal stropers stroop as ek moet! Die renosters het nie gevra om met horings rond teloop nie, so ek kan selfs ledemates af sny en stropers ook net so langs die pad los sonder enige werklike doel! Ek is 28 wit man van nelspruit area en ek het darm n bestuurders lisensie! As daar dalk n opening is vir n diere lief hebber! Kobus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.